no image
Privacy Level: Open (White)

Matthijs Andries de Beer (abt. 1680 - bef. 1729)

Matthijs Andries "Matthys" de Beer
Born about in Wasa, Swede, (Vaasa, Finland)map [uncertain]
Son of [father unknown] and [mother unknown]
[sibling(s) unknown]
Husband of — married [date unknown] [location unknown]
Husband of — married 24 Oct 1705 in Stellenbosch, de Caep de Goede Hoopmap
Descendants descendants
Died before before about age 49 in Stellenbosch, Cabo de Goede Hoop,map
Problems/Questions Profile manager: COGH Stamouer-Progenitor Project WikiTree private message [send private message]
Profile last modified | Created 2 Jun 2011
This page has been accessed 4,460 times.
boat at sea with people approaching coast of Cape of good Hope
Matthijs de Beer is a Cape of Good Hope - Kaap de Goede Hoop (1652-1806) Stamouer-Progenitor
Join: Cape of Good Hope - Kaap de Goede Hoop (1652-1806) Project
Discuss: DUTCH_CAPE_COLONY_PROGENITORS

Contents

Biografie (Afrikaans)

Naamvariasies

de Beer Geslagregister 2012: Wat die stamvader self betref, kry ons in dokumente alreeds die volgende variasies in die spelling van sy naam: Matthias Andreas - inskrywing onder ‘Militairen’ (volgens Hoge) Mathys Andriesz - inskrywing as soldaat Matijs Andriesz - 1702 (eie handtekening) Mattys Andries - inskrywing by huweliksbevestiging Matÿs (ÿ of ij?) - 1705 huur van Colonies-huis (eie handtekening) Mathÿs (ÿ of ij?) - by doop van sommige van sy kinders By die doop van sy kinders word net sy eerste naam gebruik as Mattys of Mathÿs. Sommige van hierdie name is inskrywings deur ander mense, maar hyself was ook nie konsekwent met sy eie name of handtekening nie. Die vraag is wat sy peil van geletterdheid was of dié van die mense wat sy naam geskryf het. Was noukeurige spelling in elk geval vir hom belangrik? [1]
Wat die stamvader se eggenote, Hillétje, betref, is daar heelwat variasies van haar naam onder haar nageslag. Die volgende name en variasies kom voor: Hillétje (klem op middelste lettergreep), Heiltje, Heiletje, Heila, Heilie, Hyla, Heyla, Heyltje. [1]
Wat die spelling van die van, ‘de Beer,’ self betref, kom daar by die spelling van die van soms (eintlik uiters seldsaam) geringe variasies voor wat die plasing van hoof- en kleinletters betref, of vas of los skryfwyse, soos de Beer, De Beer, debeer, Debeer. Dis duidelik dat hierdie variasies verband gehou het met die peil van geletterdheid vir die bepaalde tyd, of selfs die voertaal (bv. Engels) van die bepaalde persoon wat die skryfwerk behartig het. Geen spelafwykings kom voor nie. Waar die name en van dus saam voorkom, is daar deurgaans gehou by die vorm/spelwyse wat oorweldigend voorkom bv. Matthys de Beer, Maria de Beer. As ons in die algemeen van die De Beers praat, het ons dit met ‘n hoofletter geskryf, soos die taalgebruik dit vereis. [1]
Uit Grosheide (1929): Reeds zijn vader (van Zacharias Ursinus) had zijn naam Andreas Beer overgezet in het Latijn en noemde zichzelven Ursinus. Zacharias werd geboren in Breslau (1534) en studeerde van 1550 - 1557 in Wittenberg onder Melanchton. Grosheide vervolg: Door zijn zeldzame kennis en zijn aangename karakter kreeg hij een vooraanstaande plaats in de Gereformeerde kerken dier dagen. De inhoud en de verdeeling van den Heidelbergschen Catechismus is van Zacharias Ursinus, maar de vorm is voor een groot deel van Caspar Olevianus. [1]

Algemeen

Matthys Andries de Beer het in 1698 in diens van die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie in die Kaap aangekom, onder voorwaarde dat hy vyf jaar diens moes doen as soldaat. Sy naam verskyn die eerste keer in die lys van "Militairen" van 1699, en volgens die boeke van die Kompanjie het hy van Lubeck in Laer Sakse gekom waar Platduits die spreektaal was. [2]
Toe Matthys in Tafelbaai aangekom het, was die Kaap 'n klein plekkie met Heerengracht (die huidige Adderleystraat) en Keysersgracht (die huidige Darlingstraat) die vernaamste strate. Die hele bevolking het uit sowat 'n duisend meense bestaan. Op die lande was wingerdstokke geplant, en die wyn wat van die druiwe gepars is, is aan verbygaande skepe verkoop. Wanneer 'n skip in die hawe aangekom het, het die boere dorp toe gekom om hulle produkte aan die skepe te verkoop, en om porseleinware en sy van die Ooste en Nederland af te koop. [2]
Op 23 Januarie 1699 het 'n belangrike gebeurtenis in die Kaap plaasgevind toe goewerneur Simon van der Stel se seun Willem Adriaan tydens 'n seremonie op 11 Februarie 1699 sy vader opgevolg het as goewerneur. Met toestemming van die Kompanjie het Matthys van 10 Augustus 1702 tot 31 Mei 1703 as skrynwerker by Andreas Finger gewerk vir dertien guldens (Nederlandse geldeenheid gelyk aan 100 Nederlandse sente) per maand. Sy werkgewer moes "spys en drank" en huisvesting verskaf. Matthys was egter nog onder verpligting by die Kompanjie en as 'n noodtoestand sou ontstaan, kon hy opgeroep word vir diens. [2]
'n Stukkie grond van bietjie meer as twee hektaar met die naam Oranje, in die distrik Drakenstein, is op 13 November 1703 deur die goewerneur aan Matthys toegeken. Hiervandaan het 'n mens 'n pragtige uitsig gehad oor die area vanaf Wellington tot by die begin van die Drakensteinvallei waardeur die Bergrivier kronkel. Wilde diere was nog volop in hierdie gebied. In 1705 het Matthys bugerreg van Stellenbosch ontvang en van toe af was hy vry om 'n betrekking op te neem of sy eie onderneming te begin. Van die verpligting om diens in die burgermag te doen en belasting te betaal, was hy egter nie vrygestel nie. [2]
Burgers wat hulle eie ambag wou ontwikkel of 'n onderneming begin. het uit verskeie bronne geldelike hulp ontvang. So het Matthys wat die beroep van wamaker beoefen het op 24 September 1705 'n lening van 150 gulde van heemraadslid Pieter van der Bijl ontvang, en later ook 'n lening van 200 gulde van die trustees van die "Diaconie van Stellenbosch". [2]
Die wamakers het verskeie binnelandse houtsoorte gebruik. Die vellings is van rooi-els of wildesering gemaak, terwyl assegaaihout vir die speke en die sagter hout van die waboom vir briekblokke gebruik is. In 'n verwysing na "vry-wagenmaker" M A de Beer, gedateer 29 September 1705, word melding gemaak van toestemming wat gegee is vir twee vragte "wagenmakershout" wat by Jan de Jonkershoek gekap kon word. 'n Soortgelyke permit is op 13 Februarie 1706 aan Matthys toegestaan vir drie vragte timmerhout en twee vragte wamakershout. Matthys het op bierdie tydstip van sy lewe waarskynlik selfstandig gevoel en daaraan begin dink om te trou. Op 24 Oktober 1705 trou hy met Hilletjie Smit. Hulle woon eers in Stellenbosch maar boer later in Drakenstein. [2]

More About Matthys Andries de Beer and Hilletjie Smit:
Marriage: 24 October 1705, Stellenbosch. [2]
Includes Marriage Notes for Matthys Andries de Beer and Hilletjie Smit [2]:
Volgens 'n inskrywing in die huweliksregister van die gemeente Stellenbosch is Matthys op 24 Qktober 1705 getroud met Hilletje Smit, dogter van Jan en Adriana Smit wat in 1687 van Maastrich. Nederland, na die Kaap gekom het. [2]
In 1685 het goewerneur Simon van der Stel besluit om 'n dorpie in die Eersteriviervallei aan te lê en dit na homself te noem: Stellenbosch. 'n Aantal jare daarna is 'n klompie nedersettinghuise hier gebou vir mense wat 'n diens aan die gemeenskap gelewer het, soos ambagsmanne, die predikant, onderwysers, ens. Matthys en Hilletje het op 23 November 1705 toestemming gekry om in een van hierdie huise te gaan woon. Die huurgeld was 27 riksdaalders (ongeveer R10-80) per maand. Matthys en sy jong bruidjie (15 of 16 jaar oud) het tot 1707 in die huis gebly. [2]
Die jaar wat Matthys en Hilletje getroud is, het daar beroeringe in die gemeenskap ontstaan deurdat die mense ontevrede was met hulle goewerneur, Willem Adriaan van der Stel. Onder leiding van Adam Tas het die mense die goewerneur teengegaan. Toe die konflik sy hoogtepunt bereik het, het Van der Stel offisiere van Stellenbosch en Drakenstein se burgermag ontslaan en hulle deur ander vervang. Dis toe dat Matthys op 6 Qktober 1706 aangestel is as korporaal van Stellenbosch se infanterie. [2]
Die aanstelling as korporaal (veldkornet) was 'n ereposisie en was onbetaald. Matthys is deur die "Landdrost en Heemraden" gekies weens sy gedrag en integriteit. Hy was verantwoordelik vir wet en orde in die gebied en het verskillende pligte gehad. Al voordeel wat hy daaruit gekry het, was dat hy vrygestel was van belasting. [2]
Volgens die sensusrekords het die De Beers gedurende 1708-1709 in Drakenstein gebly. HuIle is in 1710 terug na Stellenbosch waar 'n vernietigende brand op 17 Desember uitgebreek en die grootste deel van die dorp verwoes het. Kort daarna het hulle nog 'n ramp beleef toe 'n pokke-epidemie uitgebreek het waarin omtrent 'n kwart van die mense uitgewis is. Matthys en Hilletje het 'n seuntjie Samuel (2 jaar oud) en 'n dogtertjie Helena (3 jaar oud) aan die dood afgestaan. [2]
Op 21 November 1718 het die "Raad van Landdrost en Heemraden" 'n bedrag geld aan Matthys betaal vir 'n voetbrug van hout wat hy oor "Botmasdrift" op die plaas Welgevallen gebou het. [2]
Argiefstukke toon dat Matthys gedurende 1723 en 1724 op 'n plek was met 9000 wingerdstokke. Aangesien plaasname nie in die vroeë belastingopgawes aangegee word nie is dit nie bekend of hulle op sy "plasie" Oranje was nie. Hierdie stukkie grond het Matthys op 28 September 1724 aan J Roux verkoop. [2]
Matthys is in 1730 oorlede. Hy het sy vrou en sewe kinders tussen die ouderdomme van sestien jaar en een jaar nagelaat. Hy was vermoedelik ongeveer 56 jaar oud. Van toe af moes Hilletje alleen die verantwoordelikhede van die gesin dra. [2]
Die kinders se peetouers was hoofsaaklik lede van die Smit-familie en hulle vriende, byvoorbeeld Andreas Krüger en Maria Ras wat in die Paarl geboer het en Jürgen Hanekom van Natte-vallei. Mettertyd is die seuns en dogters getroud en het hulle eie huishoudings begin. Die seuns het toesighouers op plase geword. Hilletje het in die jare blykbaar by haar seun Zacharias en sy gesin ingewoon. [2]
Toe HiIletje 60 jaar oud was, is die "huis, erf en tuinland" in Ryneveldstraat, Stellenbosch, aan haar toegeken op 12 Oktober 1750. Die kleremaker Johann Zorn het langs haar gewoon tot 1754. Sy vrou is in 1755 oorlede, en twee jaar later is hy met Hilletje getroud. HuIle het in Ryneveldstraat, Stellenbosch, gewoon tot Hilletje se dood op 16 Desember 1759 toe sy 69 jaar oud was. [2]
Children of Matthys Andries de Beer and Hilletjie Smit are [2]:
i.+Matthys de Beer, b. 08 June 1721, Stellenbosch, d. 16 July 1784.
ii.Helena de Beer, b. 1710.
iii.Samuel de Beer, b. 1711.
iv.Samuel de Beer, b. 1714.
v.Maria Elizabeth de Beer, b. 1716.
vi.Zacharias de Beer, b. 1719.
vii.Hilletjie de Beer, b. 1724.
viii.Johanna Adriana de Beer, b. 1727.
ix.Johannes Jurgen de Beer, b. 1729.
Matthys Andries de BEER, land in 1703 aan die Kaap. Hy was nie net 'n grondbesitter nie, maar ook 'n wamaker van beroep en kom van Wasa, 'n plek wat vermoedelik vandag as Vaasa bekend is. Gedurende daardie tyd het Wasa in Swede geval, maar vandag is Vaasa in Finland. Matthys word dus histories as 'n Sweed beskou. Op 24 Oktober 1705 trou hy met Hilletje SMIT, gedoop op 1 April 1691, en die dogter van Jan Smit en Adriana Tol. Hulle woon eers in Stellenbosch, maar boer later in Drakenstein. [1]
In die eerste helfte van 1705 het Jacob van die Kus Coromandel, die slaaf van Isaac Schrijver, die 19-jarige Hilletje Smit teen sonsondergangs in Jonkershoek naby Stellenbosch voorgelê. Hy het haar probeer ompraat om omgang met hom te hê, maar sy het geweier en vir etlike ure mooigepraat om hom van sy voorneme te laat afsien. Eindelik, teen sowat tienuur die aand, het 'n burger tot haar redding gekom. Na Jacob se inhegtenisname het hy tydelik ontvlug, maar hy is weer gevang en tot die dood veroordeel. Hy is op 10 Junie gehang. [1]
Matthys Andries de Beer het 'n buite-egtelike kind by Maria van die KAAP gehad. Hierdie dogtertjie, Geertrij, is op 8 November 1705 op Stellenbosch gedoop -- slegs 15 dae nadat Matthys en Hilletje getroud is. [1]
KINDERS van de Beer en Hilletje Smit [1]:
b1 Helena gedoop Paarl 1 Jun 1710
b2 Samuel gedoop 1 Nov 1711
b3 Samuel gedoop 20 Mei 1714
b4 Maria Elizabeth gedoop 4 Okt 1716, X 5 Apr 1733 Friedrich Sappel, XX Jan Adam Hartman
b5 Zacharias gedoop 5 March 1719, X 12 Mei 1743 Anna Pretorius, XX 22 Jun 1755 Maria Aletta Botma, XXX 30 Nov 1760 Dina Margaretha van Dyk. Zacharias sterf in 1777. Hy het waarskynlik 18 kinders by die drie vroue gehad.
b6 Matthys gedoop 8 Jun 1721, X 3 Sep 1747 Maria van Eeden
b7 Johanna Adrianna gedoop 6 Feb 1724, X Smit
b8 Hilletje gedoop 29 Des 1726
b9 Johannes George gedoop Jun 1729, X Jan 1754 Christina van der Merwe
Matthys sterf om en by 1730 en Hilletje (sy weduwee) trou in 1757 met Jan Georg Zorn. [1]

Biography (English)

Birth

Date: Matthys [3][4][5][6] Andries [4][5][6] was born in 1674 [3] / in 1675 [4][5][6] / about 1680 [7] / in 1690.[8][9]
Place: Matthys Andries de Beer was born in Lubeck, Sakse [10] / Wase [Germany] [5] / Cape Town, [South Africa] [7]

Marriage

Date: 24 October 1705 [7][11]
Place: Stellenbosch [12][11] / Cape Town, [South Africa] [7]:
Husband: Matthys Andries de Beer [7] / Mattys Andriesse de Beer (van Wase)[11]
Wife: Hilletje Smit [7] / Hilletie Smit[11]

Children

Child: Matthys de Beer [7]
Child: Zacharias de Beer [7]
Child: Maria Elizabeth de Beer [7]
Child: Hilletje de Beer [7]
Child: Helena de Beer [7]
Child: Johanna Adriana de Beer [7]
Child: Johannes George de Beer [7]
Child: Sameul de Beer [7]

Events

He was in the service of the Dutch East India Company when he arrived at the Cape in 1698, aged 23 with the understanding that he would serve as a soldier for 5 years. His name first appeared in the Military lists of 1699. [citation needed]
Migration: 1703 [13]
He fathered a child Geertruyd de Beer with Maria van Caab who was baptised on 8 Nov 1705. [citation needed]
From 10 Aug 1702 to to May 1703 Matthys worked as a carpenter for Andreas Finger with permission from the D.E.I.C. whilst still under obligation to the company in emergencies. [citation needed]
On 13 Nov 1703 he was awarded about 2 hectares of land called Orange by the Governor and will probably have been at least 21 years old. [citation needed]
He was a witness at the baptism of Anna van der Swaan on 20 Jun 1706. [citation needed]

Occupation

Date: 1705 [14] Wamaker [13] / Wagonmaker [14]

Death

Date: Matthys Andries de Beer passed away about [5] / in 1730 [4][6][3] / He died about 1730 aged 55 at Cape Town - suggesting a birth year of 1675. His wife Hilletje Smit died on 12 October 1759 aged 69 - so she was born about 1690 and was baptised 1 April 1691. [15]

Sources

  1. 1.0 1.1 1.2 1.3 1.4 1.5 1.6 1.7 1.8 Ilse Adams, Wednesday, March 6, 2014. Sources / Verwysings:
    • DW de Beer, "Die Plek van Herkoms van Matthys Andries de Beer, Stamvader van die de Beers in Suid-Afrika" Familia XVIII, 1981, no 4.
    • JL Hattingh, "Beleid en Praktyk: Die Doop van Slawekinders en die sluit van Gemengde Verhoudings aan die Kaap voor 1720", Kronos, vol 5, 1982.
    • Heese en Lombard
    • J le Roux, SA Genealogie, no 11971. Hy verwys na SAG 1 bl. 449, asook Boucher, "French Speakers at the Cape", bl. 273
  2. 2.00 2.01 2.02 2.03 2.04 2.05 2.06 2.07 2.08 2.09 2.10 2.11 2.12 2.13 2.14 2.15 2.16 2.17 2.18 Ilse Adams, Wednesday, March 6, 2014. Source: FamilyTreemaker.genealogy.com Jan de Beer - website
  3. 3.0 3.1 3.2 Alta Bekker, Friday, February 21, 2014.
  4. 4.0 4.1 4.2 4.3 Entered by Pieter Meyer, Mar 23, 2013.
  5. 5.0 5.1 5.2 5.3 5.4 Oct 23, 2012 by Andrew Dippenaar.
  6. 6.0 6.1 6.2 6.3 Ilse Adams, Wednesday, March 5, 2014.
  7. 7.00 7.01 7.02 7.03 7.04 7.05 7.06 7.07 7.08 7.09 7.10 7.11 7.12 7.13 Sep 19, 2011 by Judy Potgieter. Source: Title: SOUTH AFRICAN GENEALOGIES. Vol 1. A-CHeese, J A & R T J Lombard Pretoria, Human Sciences Research Council. 1986. pp 698.
  8. Lou Larney, Nov 12, 2012.
  9. Birth date is unknown according to De Beer Familie in Suid Afrika 1675 based on age at death (55 on 1730) and on arrival at the Cape (23 in 1698). (contributor and date of contribution unknown) [citation needed]
    Date: Alternative birth data from merges: 1685. {Sharon. (contributor and date of contribution unknown) [citation needed]}
    Date: 1688 - Married Oct 1705. Minimum age would have been 18 so the latest he could have been born would be 1688. (contributor and date of contribution unknown) [citation needed]
  10. (contributor and date of contribution unknown) [citation needed]
  11. 11.0 11.1 11.2 11.3 Source: Seen & added 14 Sep 2022 by André Laubscher
  12. (contributor and date of contribution unknown) [citation needed]
  13. 13.0 13.1 Jul 19, 2012 by Arrie Klopper.
  14. 14.0 14.1 Jun 1, 2011 by Esme Pieterse.
  15. (contributor and date of contribution unknown)

  • WikiTree profile De Beer-4 created through the import of Pieterse Rev1.ged on Jun 1, 2011 by Esme Pieterse.
  • WikiTree profile De Beer-110 created through the import of wikitree upload.ged on Jul 19, 2012 by Arrie Klopper.
  • WikiTree profile De Beer-57 created through the import of My Family.Pretorius.Van_Wyk.DeWaal.Potgieter.2011.ged on Sep 19, 2011 by Judy Potgieter.
    • Source: Title: SOUTH AFRICAN GENEALOGIES. Vol 1. A-CHeese, J A & R T J Lombard Pretoria, Human Sciences Research Council. 1986. pp 698
  1. FamilyTreemaker.genealogy.com Jan de Beer - website
  2. South African Genealogies, Volume 1 A-C; Heese, J A & R T J Lombard Pretoria, Human Sciences Research Council. 1986. [16]
  3. De Beer Familie in Suid Afrika
  4. DW de Beer "Die Plek van Herkoms van Matthys Andries de Beer, Stamvader van die de Beers in Suid-Afrika" Familia XVIII 1981 no 4
  5. JL Hattingh "Beleid en Praktyk: Die Doop van Slawekinders en die sluit van Gemengde Verhoudings aan die Kaap voor 1720" Kronos vol 5, 1982
  • WikiTree profile De Beer-122 created through the import of Ancestors_DippenaarAndre_noinfo.GED on Oct 23, 2012 by Andrew Dippenaar.




Sponsored Search by Ancestry.com

DNA Connections
It may be possible to confirm family relationships with Matthijs by comparing test results with other carriers of his Y-chromosome or his mother's mitochondrial DNA. However, there are no known yDNA or mtDNA test-takers in his direct paternal or maternal line. It is likely that these autosomal DNA test-takers will share some percentage of DNA with Matthijs:

Have you taken a DNA test? If so, login to add it. If not, see our friends at Ancestry DNA.



Comments: 2

Leave a message for others who see this profile.
There are no comments yet.
Login to post a comment.
De Beer-1100 and De Beer-4 appear to represent the same person because: Clear duplicate into already PPP profile
De Beer-311 and De Beer-4 appear to represent the same person because: Same data (birth / spouse etc.)
posted by Philip van der Walt