Andries Hermanus is gebore op 15 April 1893 as die Seun van Wynand Olivier en Magdalena Fouche
Andries Hermanus trou met Anna Gertruida Schoonwinkel: Uit die huwelik is drie Kinders gebore; Twee dogters en 'n seun
Hulle boer in die distrik van Bonnievale op Bosjesmansdrift [1]
Ons lees in die geskiedenis oor Bonnievale dat 'n sekere Mnr. Riggs die plaas Mooiplaas van 'n sekere Mnr van Zyl gekoop het. Hy het die plaas onderverdeel verkoop. Hy het sy agent, 'n sekere Mnr. Lourens, na Oudtshoorn gestuur. Baie boere uit die Oudtshoorn distrik het van die geleentheid gebruik gemaak om 'n nuwe heenkome te vind na die val van volstruisvere se prys. Ons kan dus aanneem dat Nakkie se vader Wynand Olivier een van hierdie boere was, want ons sien in die doopregister van Oudshoorn dat die seun Cornelis Jacobus * 1901 nog in Oudtshoorn gedoop is [2] Andries Hermanus (Nakkie) Olivier sterf op 22 Jan 1950 : Op sy Sterfte Kennis - Geteken te Bonnievale op 26.01.1950 deur W.A. Olivier - seun, word aangetoon dat dat hy as rustende boer sterf en op daardie stadium te Hoofstraat, Bonnievale gewoon het. Sy vrou word aangetoon as die nagelate eggenote en die drie kinders word aangetoon as Hester Daphne Lampbrechts, Magdalena Olivier en Wynand Arnoldus Olivier. almal meerderjarig. Sien sy boedel status onder. [3]
Have you taken a DNA test? If so, login to add it. If not, see our friends at Ancestry DNA.
Andries Hermanus is 30 degrees from Zendaya Coleman, 25 degrees from Sting Sumner, 23 degrees from Josh Brolin, 24 degrees from Timothée Chalamet, 27 degrees from José Ferrer, 23 degrees from Frank Herbert, 20 degrees from Richard Jordan, 26 degrees from David Lynch, 22 degrees from Virginia Madsen, 27 degrees from Charlotte Rampling, 28 degrees from Patrick Stewart and 26 degrees from Denis Villeneuve on our single family tree. Login to find your connection.
O > Olivier > Andries Hermanus Olivier
Categories: South African Roots Project Needs Birth Record | Bonnievale Main Cemetery, Bonnievale, Western Cape Province