Cornelis Hermanus Olivier
Privacy Level: Open (White)

Cornelis Hermanus Olivier (1851 - 1924)

Generaal Cornelis Hermanus "Kerneels" Olivier
Born in Graaff Reinet Dist. Cape Colony, South Africamap
Son of [father unknown] and
[sibling(s) unknown]
Husband of — married [date unknown] [location unknown]
Descendants descendants
Died at age 73 [location unknown]
Problems/Questions Profile manager: Ronel Olivier private message [send private message]
Profile last modified | Created 4 Aug 2014
This page has been accessed 1,014 times.

Contents

Biography

Date: 1900
Name Cornelis Hermanus (Kerneels) Olivier
Toe Genr. Cronje in Junie 1900 na die Engelse oorloop word Generaal C.H. Olivier in sy plek tot lid van die Vrystaatse Uitvoerende raad verkies. In hierdie hoedanigheid het hy in Mei 1902 die Vredesooreenkoms op Vereeniging onderteken. [1]

Event

Date: 1902-05-31
Place: Melrose House, Pretoria ZAR
Event: Sining of the "Vrede van Vereeniging"
First page of the Treaty of Vereeninging : 1902-05-31
Voor het Verenigd Koninkrijk:
Hoogcommissaris Alfred Milner
Veldmaarschalk Horatio Herbert Kitchener (tekende als "Kitchener of Khartoum")
Voor de Zuid-Afrikaanse Republiek:
Waarnemend president S.W. Burger
Staatssecretaris F.W. Reitz
Generaal Louis Botha
Generaal J. H. de la Rey
Generaal L.J. Meyer
J.C. Krogh
Voor de Oranje Vrijstaat:
Waarnemend president C.R. de Wet
Generaal J.B.M. Hertzog
Generaal C.H. Olivier
Staatssecretaris W.C.J. Bebner[2]
Die Volksblad en Ons Boere Se Trotse Geskiedenis:
BETHLEHEM het sy genl. Rooi Michael Prinsloo. Paul Roux het sy ‘spookgeneraal’, genl. Mannetjies Mentz. Ficksburg het sy genl. Johan Fick.
Niemand het egter ooit vermoed dat Petrus Steyn ook ’n eie generaal van aansien het nie. Jare al lê sy oorskot in die ou kerkhof onder ’n grafsteen waarop Generaal Cornelis H. Olivier geskryf staan. Hoewel die grafskrif in die ou kerkhof op die dorp aan die voet van Elands­kop erg deur die tyd en elemente verweer is, kan ’n mens dofweg uitmaak dat hy dalk op 3 Mei 1851 gebore is en op 1 September 1924 op 73-jarige ouderdom oorlede is.
Hoewel die oorlogsmuseum ’n redelike goeie rekord van al die generaals het wat aan die Anglo-Boereoorlog (ABO) deelgeneem het, is Petrus Steyn se generaal die enigste generaal oor wie die museum nog nie inligting kon opspoor nie, sê mnr. Jan Minnie, skriba op die dorp, wat navraag gedoen het.
Volgens mnr. Johan van Zyl van die Oorlogsmuseum is daar geen dokument, brief of boek met enige inligting oor genl. Kerneels Olivier nie, behalwe in Boereoffisier van Jaques Malan. Malan skryf: “Toe genl. A.P.J. Cronjé in Junie 1900 na die Engelse oorloop, is C.H. Olivier in sy plek tot lid van die Vrystaatse Uitvoerende raad verkies.
“In hierdie hoedanigheid het hy die vredesooreenkoms te Vereeniging onderteken.”
In die Heldealbum waarin net op drie bladsye na hom verwys word en daar ’n dowwe foto op bladsy 402 is, kan die afleiding gemaak word dat hy deel was van die Vrystaatse regering te velde en altyd saam met Steyn getrek het: “Die generaal en sy rol in die oorlog bly egter ’n geheim.”
Tannie Lilly vertel:
Mev. Lilly van den Berg, ’n jare lange inwoner van die plaas Leliesrust in die distrik Petrus Steyn waar sy en haar man, wyle Koos, ­geboer het, het nuus aangebring oor die Oliviers van Petrus Steyn.
Van den Berg, wat deesdae ’n inwoner van Huis Silwerjare op die dorp is, het spesiaal na Bethlehem gery om alles wat sy van genl. Kerneels Olivier en sy familie weet, te kom vertel.
Kort nadat die dorp Lindley gestig is, het genl. Kerneels na Petrus Steyn verhuis. Sy plaas se naam was Bet-El nr. 7 in die distrik Lindley. Die plaas het oor ’n baie sterk fontein beskik wat selfs in die 1933-droogte standhoudend was.
Mense in die omgewing het toe by genl. Kerneels toestemming gekry om hul diere uit dié fontein water te gee.
Toe Petrus Steyn waterprobleme ontwikkel het, is water uit die fontein gepomp en na die dorp aangery.
Later het die munisipaliteit drie boorgate naby die fontein gesink wat die fontein eindelik ’n knou toegedien het. Tannie Lily se kleinseun, Herbanus , boer nou op Bet-El.
Ná die ABO het genl. Kerneels se vrou, tannie Miemie, Kolonie toe gegaan om geld vir verarmde boere te gaan insamel. Sy was glo redelik suksesvol in Graaff-Reinet, vertel tannie Lily.
Herbegrafnis in groot doodskis:
Die generaal is volgens die grafskrif in 1924 oorlede. Hy is op Bet-El begrawe, maar in 1938 met die Ossewatrek is sy liggaam opgegrawe en op Petrus Steyn in die ou kerkhof gaan herbegrawe.
Wat interessant is van die opgrawing van die generaal is dat belanghebbendes met ’n baie groot doodskis uit is na Bet-El met die doel om sy oorskot met kis en al net so in die groot kis oor te plaas.
Groot was hul verbasing toe hulle net ’n ­kopbeen van hom in die graf kry.
Hulle kon dus net ’n kopbeen in die kerkhof gaan herbegrawe.
Genl. Kerneels se nasate:
Genl. Kerneels het vier kinders gehad. [6 kinders kom voor op die Sterfte Kennisgewing ] [3]
Kerneels het Bet-El geërf en Egbert ’n deel van Bet-El wat hy La Rochelle benoem het.
Kerneels het later jare op Steynsrus gaan bly en Bet-El laat bewerk deur Hansie en Engela van Wyk. Hulle en hul enigste kind, Wilna, het al die jare op Bet-El gebly totdat hulle verswak geraak het.
Die plaas is toe aan Francois Marais verkoop. Vandag is dit die eiendom van Wimpie Bosman.
’n Seun van genl Kerneels, kapt. Piet Olivier, bekend as kapt. PT, en sy nege kinders was ook bekende inwoners in die distrik.
Van kapt. PT se nasate is na wat verneem word nog net sy seun, dr. PT Olivier, ’n oogarts, van Pretoria, oor. [4]


Death

Date: 1924-09-01
Event: Death
Event Place: Petrus Steyn, Dist, Lindley
Name of deceased: Cornelius Hermanus (Kerneels) Olivier
Father mentioned on DN: Cornelis Hermanus Olivier †
Mother mentioned on DN: Maria Magdalena Smit †
Residence: "Bethel, Distric. Lindley OFS
Occupation: Farmer
Spouse: Hester Maria Theron
Surviving Children
Egbert Olivier
Cornelis Hermanus Olivier
Pieter Theron Olivier
Charles Threon Olivier †25-08-24
a)Cornelis Hermanus Olivier * op 27 de dag van Maart 1915
b)Johanna Olivier * op 9 de dag van Augustus 1916
c)Egbert Olivier * op 29 ste dag van Mei 1918
d)Charles Threon Olivier * op den 25 ste dag van Junie 19191
e)Marthinus Gerhardus Olivier * op 5de dag van Augustus 1920
f) Hester Maria Olivier * op 19 de dag van November 1921
g)Immanuel Olivier * 24 ste dag van November 1923
Maria Magdalena Olivier x P van Aswegen
Elizabeth susanna Olivier medejarige jonge dochter
Age at death: 73 years 03 months[5]

Sources

  1. " Boere Offisiere 1899-1902 [ 'n Monografie van die Nasionale Kultuurhistoriese Museum Pretoria] deur Jacques Malan uitgegee deur J P Van Der Walt Pretoria Malan verwys na bron Van Zyl 231,402,407. National Archives of South Africa (NASA) Database: National Registers of Manuscripts and Photographs (NAREM and NAREF) National Archives' cartographic and library material, microfilms and copies: DEPOT TAB TYPE Foto REFERENCE 16112: DESCRIPTION : The Peace Negotiations, Heilbron. Group photo including 1. Gen. C de Wet; 2. Gen. Hamilton; 3. Gen. C Olivier; 4. Izaak de Wet; 5. Boy Theunissen, adjutant. STARTING 1902 ENDING 1902 Added by Ronel Olivier April 22, 2016.
  2. Verdrag van Vereeniging : Wikipedia: ( https://nl.wikipedia.org/wiki/Verdrag_van_Vereeniging) Added by Ronel Olivier April 22, 2016.
  3. Ronel Olivier April 22, 2016.
  4. Uittreksel uit die Volksblad (Dagblad van die Vrystaat) en Ons Boere Se Trotse Geskiedenis (http://www.onsboeresetrotsegeskiedenis.co.za/new-page-208.htm) Added by Ronel Olivier April 22, 2016.
  5. "Estate files, Orange Free State, 1832-1989 FamilySearch Film # 004087543 (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3QS7-99LW-5DLZ?mode=g&i=641&cat=195564) Added by Ronel Olivier April 22, 2016.
  • National Registers of Manuscripts and Photographs (NAREM and NAREF) National Archives' cartographic and library material, microfilms and copies:
  • Olivier Family Tree. Ref No. BK 12980: Author. Ronel Olivier en Josey Olivier Added by Ronel Olivier April 10, 2016.




Is Cornelis Hermanus your ancestor? Please don't go away!
 star icon Login to collaborate or comment, or
 star icon contact private message the profile manager, or
 star icon ask our community of genealogists a question.
Sponsored Search by Ancestry.com

DNA Connections
It may be possible to confirm family relationships with Cornelis Hermanus by comparing test results with other carriers of his Y-chromosome or his mother's mitochondrial DNA. However, there are no known yDNA or mtDNA test-takers in his direct paternal or maternal line. It is likely that these autosomal DNA test-takers will share some percentage of DNA with Cornelis Hermanus:

Have you taken a DNA test? If so, login to add it. If not, see our friends at Ancestry DNA.



Comments

Leave a message for others who see this profile.
There are no comments yet.
Login to post a comment.

O  >  Olivier  >  Cornelis Hermanus Olivier