Baptism 26 Feb 1792 Petrus Jacobus van der Walt [4]
"[No. 22, (26 Februarij)] Petrus Jacobus Vader Johannes Petrús van der Walt, Moeder Alida Johanna Venter, Getúijge Andries van der Walt, Renshe Aletta van der Walt, Johannes Hendrik van der Walt, Johanna Maria van der Walt" [5]
See comments on Van_der_Walt-90 - According to Geni, the great-grandfather of Magdalena is Petrus Jacobus van der Walt, b4c9. Compare to this WikiTree profile Petrus Jacobus "Oupa Peetjie" van der Walt (born 22 Jan 1792 in Tulbagh) (same foto! but different person with different parents)[6]
Op die 5de Februarie 1809, op sewentienjarige ouderdom, tree Petrus Jacobus van der Walt (Oupa Pietjie) op Graaff-Reinet in die huwelik met sy niggie Aletta Sophia Lessing (Ouma Letjie). Eintlik was hulle deur en deur neef en niggie, want eerstens was hulle moeders susters. Lisija Christina Venter (Aletta se moeder) en Alida Johanna Venter (Petrus se moeder) was die dogters van Jan Hendrik Venter en Johanna Maria Buys in wie hulle tweedens ook ‘n gemeenskaplike oupa en ouma gehad het. Derdens het hulle nòg ‘n gemeenskaplike ouma gehad, nl. Johanna Weyers wat eers getroud was met Geele Andries van der Walt (Oupa Pietjie se oupa) en na sy afsterwe met Christian Gottlieb Lessing (Ouma Letjie se oupa). Hulle was dus van die Van der Walt –kant sowel as van die Lessing-kant neef en niggie. [2]
Oupa Pietjie en Ouma Letjie se huwelik is geseën met veertien kinders van wie drie binne ‘n maand na geboorte gesterf het. Die ander kinders was[2]:
Andries, gebore 12 Oktober 1819, gedoop Graaff-Reinet 14 januarie 1821.
Willem Nicolaas, gebore 5 Junie 1823, gedoop Graaff-Reinet 29 September 1823.
Jacob Stephanus, gebore 21 Julie 1825, gedoop Graaff-Reinet 26 Desember 1825.
Lisija Christina, gebore 25 Januarie 1829, gedoop Colesberg 15 Februarie 1829.
Alida Johanna, gebore 15 Oktober 1830, gedoop Colesberg 28 November 1830.
Hester Aletta Sophia, gebore 26 Augustus 1832.
Op 23 Februarie 1811 het Oupa Pietjie die plaas 'de Tweevonteynen' van sy vader gekoop teen 200 riksdaalders (R80). Die plaas was Noord van 'Wolfenkop' waar hy opgegroei het. In 1818 word die plaas 'Klipkop' ook sy eiendom, maar hy verkoop dit en 'Tweefontein' op 6 November 1820 aan Willem Andriaan Venter. [2]
Teen 1814 is sendingstasies by 'Tooverberg' (Colesberg) en by 'Hephzibah' aan die suidoewer van die Oranjerivier gestig, hoofsaaklik met die doel om die Boesmans te beskaaf en te kersten. Eerwaarde Erasmus Smit was die eerste sendeling van die Londense Sendinggenootskap by Tooverberg. In 1813 het goeweneur Cradock ‘n proklamasie uitgevaardig waarvolgens ‘n erfpagstelsel toegeken is, sg. Rekwesplase. Plase moes behoorlik deur ‘n landmeter opgemeet word. Oorskakeling is eers in 1840 – 1845 voltooi. Volgens die opgaafrolle van 1821 is die plase 'Salpeterkraal' en 'Wolwefontein' (10km noord van die huidige Philipstown) in die veldkornetskap Middenveld aan P.J. van der Walt toegeken. Op die 12de Maart 1826 vind die eerste vergadering van die nuwe gemeente 'Toornberg' (Tooverberg – die huidige Colesberg) plaas. [2]
Die eerste verwysing na Vanderkloof verskyn op die opmetingskaart van die plaas 'Dooren kuilen no. 62' in die veldkornetskap Middenveld, distrik Graaff-Reinet. Dis opgestel deur goewermentslandmeter Von Abo in Oktober 1831 op versoek van Fredrick Wandrag. Von Abo maak melding van 'Vissers Drif' – (op die plaas 'Alpha') – ‘n paar kilometer stroomop vanaf die 'Havengabrug' – wat dui op die verkeer wat toe reeds heen en weer deur die rivier beweeg het. By die sinodale vergadering van 1837 in Kaapstad is oudl. P.J. van der Walt saam met ds. Thomas Reid afgevaardigdes van die Colesberggemeente. Op 30 November 1837 word 'Rhenosterfontein' on "perpetual quitrent" aan P.J. van der Walt toegeken, met die volgende aantekeninge op die kaart: wes-noordwes 'Doornfontein' van Frans Jooste; noord en noordoos ‘n uitgestrekte distansie na Groot Rivier, "zuidwaarts van’t woeste 'Gouvermentsgrond'; Zuidoos aan 'Tuinfontein' van Frans Jooste; zuid-zuidwes aan 'Carbonaatjieskraal'; Oos aan 'Rolfontein' en 'Lemoenfontein' gemeet deur J. Leeb, gewone landmeter Groot 13 617 morge 474 vk roede. Daarna volg nog verskeie ander grondaankope deur die jare. [2]
Op 9 Mei 1867 sterf Oupa Pietjie in die ouderdom van 75 jaar, 3 maande en 17 dae in die opstal van 'Rhenosterfontein' en word op die plaas begrawe. Sy seuns Johannes Christiaan en Jacobus Carolus Lodewicus word as eksekuteurs van sy boedel aangestel volgens ‘n baie volledige testament wat op 12 Maart 1867 te 'Rhenosterfontein' onderteken is. Hiervolgens word "de westijde van de boven veld" van 'Rhenosterfontein' aan J.C.L. van der Walt bemaak en "de oostijde van onzen plaats" aan J.C. van der Walt. Op 5 November 1874 word 8160 morge van 'Rhenosterfontein' aan Johannes Carolus Lodewicus en Johannes Christiaan van der Walt oorgedra. [2]
Opsteller H.M. Strydom. Uittreksel uit Petrusville, Eeufees – Gedenkalbum, 1881-1981. Alle verwysings kan in die Gedenkalbum gevind word. [2]
Parish registers for the Dutch Reformed Church at Paarl, Cape Province, 1694-1976 (Close-up) Authors: Nederduitse Gereformeerde Kerk. Gemeente Paarl (Cape Province) (Main Author) Cape Dutch Reformed Church Archives (Repository) Format: Manuscript/Manuscript on Film; Language: Afrikaans / English; Publication: Salt Lake City, Utah : Filmed by the Genealogical Society of Utah, 2000; Physical: on 12 microfilm reels ; 35 mm.; Microfilm of original manuscripts at the Cape Dutch, Reformed Church Archives, Grey's Pass, Cape Town, South Africa.
DNA Connections
It may be possible to confirm family relationships with Petrus Jacobus by comparing test results with other carriers of his Y-chromosome or his mother's mitochondrial DNA.
Y-chromosome DNA test-takers in his direct paternal line on WikiTree:
Van der Walt-2906 and Van der Walt-448 appear to represent the same person because: Duplicates. Van_der_Walt-448 already existed (please check before creating profiles). Please merge.
See for references to [some of] the farms: Standford's Geographical Establishment. 1895. Map of the Colony of the Cape of Good Hope and neighbouring territories. Scale 1:800 000. London: Standford's Geographical Establishment. Available: http://hdl.handle.net/10962/53856. Provided by Cory Library for Humanities Research, Rhodes University, South Africa.
Van der Walt-1261 and Van der Walt-448 appear to represent the same person because: Clear duplicate. Same parents, excact same date of birth & death, only diffirence is the placement of first and second names. Please merge, I'll do the final integration of the bio after the merge, thanks!
I suspect that this information is incorrect, and should rather be Van_der_Walt-448
Regards,
Wynand