Ek soek inligting oor my oupa en ouma en hul voorgeslagte van my ma se kant

+7 votes
249 views
My oupa se van was van Wyk en my ouma se nooiensvan was Coetzee.  Alhoewel ek nie baie seker is nie dink ek my oupa was Stephanus Hendrik? van Wyk en my ouma Jacomina van Wyk (geb Coetzee.  Stamname aan my oupa se kant was Casper, Jan-Hendrik, Stephanus en Johannes.  My oupa is dood toe my ma 12 jaar oud was (sy is in 1925 gebore) so dit moet of 1937 of 1938 wees.  My oupa en ouma het naby Modderrivier gewoon en na my oupa se dood het my ouma Boshof toe getrek.  Sy is later weer getroud met ene Hans Brits.  My ouma het later by my tante in Bloemfontein gaan bly en is daar oorlede.  Enige hulp om meer oor die van Wk en Coetzee families te wete te kom sal hoog op prys gestel word.
WikiTree profile: Martha Maria Jacoba van Wyk
in Genealogy Help by Auret van Zyl G2G Crew (640 points)
I LOVE LOVE LOVE seeing languages being used here in G2G!

Mags

1 Answer

+3 votes
Hi Auret

Ek stel voor jy kyk deur die Coetzee lys en kyk of ites bekend lyk.

http://www.wikitree.com/index.php?title=Special:Surname&s=COETZEE&cln=1&order=name&u=
by Esmé van der Westhuizen G2G6 Pilot (119k points)

Related questions

+2 votes
1 answer
+9 votes
1 answer
29 views asked Jul 16, 2020 in The Tree House by Gary Van Wyk G2G Crew (400 points)
+2 votes
2 answers
239 views asked Feb 21, 2014 in Genealogy Help by Magdalena Bosch G2G Rookie (220 points)
+3 votes
1 answer
+7 votes
2 answers

WikiTree  ~  About  ~  Help Help  ~  Search Person Search  ~  Surname:

disclaimer - terms - copyright

...