Anglo Boere Oorlog / Second Boer War

+22 votes
867 views

Die Anglo Boere Oorlog en die drastiese impak daarvan op genealogie moet vir die nageslag bewaar word, maar dit is so 'n geweldige groot projek dat ons hulp nodig het. 

Met groot afwagting plaas ons dus die uitnodiging:  

Sal die Suid Afrikaanse lede op WikiTree asseblief by ons aan te sluit. Julle insette lewer en deel word van die projek wat die hartseer geskiedenis van ons mooi land sal vaslê.

Ons het almal voorgeslagte wat deur die Anglo Boere Oorlog geraak was. Ons het almal al met hartseer Sterfte Kennisgewings gelees, dus word ons almal genealogies geraak. Kom voeg jou eie familie by.

Bring hulde aan hulle opoffering en bewaar die geskiedenis vir die nageslag. 

Alles binne 'n projek wat bereid is om samewerking te bevorder en riglyne te gee, vir die wat skrikkerig is. Waar ons mekaar se hande kan vat en die voorlopers kan wees van genealogiese bewaring op 'n globale forum. 

Kom vertel ons wat julle graag hier wil sien. 

Wat vir julle as afstammelinge, van die helde en slagoffers van die tyd, belangrik is. 

En laaste maar nie die minste nie ....  sluit by ons aan !!!!  

The Second Boer War  and the dramatic impact it had on genealogy must be kept for future generations.

With great anticipation we place this request:

Will the South African members on WikiTree please join us?  You can provide input and be part of the project that will capture the sad history of this beautiful country. We all have ancestors who were affected by the Anglo-Boer War. We all read  the sad Death Notices, we can’t change the past but we can make sure our children will know about this in the future.

Pays tribute to their sacrifice and preserve their history for future generations. We will ensure that this project is ready to provide guidelines for those who are afraid and promote cooperation. Where we can take hands and work towards a global tree. As descendants of the heroes and victims of the time, tell us what you want to see within this project. What will be important for you?

And last but not least .... join us !!!!

WikiTree profile: Space:Second_Boer_War
in Requests for Project Volunteers by Susanna Hendrina Elisa de Bruyn G2G6 Mach 5 (59.0k points)
edited by Abby Glann
Hi Susan

Ek is vreeslik opgewonde hieroor.

Dit was voorwaar 'n tydperk wat ons almal raak.

Dankie dat jy dit geplaas het
Hi Ronel

Ja, dit is voorwaar 'n tydperk wat na aan ons harte behoort te le.

:)
Succes , good luck en baie dankie Susan, Ronel and everyone else who would like to join and work on this !
Thank you very much in advance Bea, we will keep you busy aswell :)
Fascinating. I knew nothing about this war but its name. Your post inspired me to do some reading. I found this Wikipedia page particularly helpful and interesting:

https://en.m.wikipedia.org/wiki/Boer

Hi, for all of you who would like to join this project, we are working on it and for now you can all add (copy and paste) this [[Category: Anglo Boer War Projectmembers]] to the top of your Bio, this will add you to our  Anglo Boer War Projectmembers list

And add this tag (copy and paste) Anglo_Boer_War to your followed tags to stay updated . The project is now a sub project of the South African Roots Project, this means you'll receive the project badge of the South African Roots Project, so to see who is working and member of which project exactly adding the projectmembers category is showing you are member of the Anglo Boer War project.

The badge isn't ready yet, but as soon as it is, I'll award everyone who's on this list a badge of course :) 

And all ideas and input of course is welcome !

10 Answers

+12 votes
Ek dink julle het 'n baie goeie projek hier en ek sal met graagte help
by Louis Heyman G2G6 Mach 9 (93.9k points)
Hi Louis

Dit sal 'n voorreg wees om jou op die projek te he. Baie dankie!!!
+11 votes
Hi Susanna I would love to join this project if you will have me - I do indeed have some profiles that relate. Thanks
by Gordon Mac Rae G2G6 Mach 2 (21.8k points)
Hi Gordon

You are more than welcome ;)

Will keep you inform regarding the progress.

Thank you very much :).
+12 votes
Baie dankie dat julle hierdie baie belangrike tydperk in ons geskiedenis gaan vereer. Ek het 'n baie sagte plekkie vir die konsentrasie kampe en sal graag deel wil wees van die projek.
by Esmé van der Westhuizen G2G6 Pilot (149k points)

 Esmé !!!

Die voorreg sal my en Ronel sin wees. Baie dankie vir die werk wat jy reeds daar gedoen het. Ons sien uit na 'n lang en gelukkige pad saam jou met die projek 

 

+8 votes
Susan, gaan dit die Kolonie se boere ook insluit.  Hulle was onder bewind van die Britte, maar baie het mmar so in die stilligheid vir die Boere kos en perde gegee.
by Catherine du Toit G2G2 (2.9k points)
Hi Catherine

As koloniale boere se betrokkendheid geboekstaaf is, sal hul uit die aard van die saak bygevoeg word. Meeste van die wat hulp verleen het is as rebelle gesien deur die heersende regering. As sulks het hulle dan ook tronkstraf uitgedien het. Daar sal dus mettertyd voorsiening vir die groep mense ook gemaak word.

As jy meer wil weet vra gerus. Sal help waar ek kan

Ronel
Dankie Ronel.  Ja, amptelik sal jy sommige mense se name nie kry nie, want soos jy noem, was hulle uiteinde die tronk of die vuurpeleton.  Ek vermoed dus dat 'n mens dan liewer nie jou voorgeslagte moet blootstel deur inligting weer te gee ivm die oorlog nie.  Baie kinders het vir die res van hulle lewe traumatiese ervarings in hulle herinnerings saamgedra waarvan niemand geweet het nie.  Vandag noem hulle dit PTSD, daardie tyd het hulle net gese die kind was nie lekker nie.
Hi Catherine

Soos alle tragiese gebeure in die geskiedenis is dit moeilik om met sommige gebeure te werk. Die rebelle is wel deur sommige gesien as rebelle, maar ander het hulle gesien as helde. Ek is nie op die oomblik by my informasie nie, maar sal weer die 6de Desember terug wees en dan kan ek jou kontak met inligting waar ons oor hierdie mense meer kan leer. Ek is tans nie honderd persent seker nie, maar as ek reg onthou is die data oor rebelle  baie goed geboekstaaf. Ons kan hierdie data gebruik om die betrokke mense se lewensverhale met deernis te vertel. Ons kan nie die verlede verander nie, maar ons kan poog om elkeen se lewe objektief en met simpatie vir sy nageslag en geslagte wat nog na ons gaan kom te vertel. In die tyd wat hulle geleef het was omstandighede baie anders, en besluite wat geneem is vandag onverstaanbaar, maar soos met enige oorlog was jou handelinge geprys of veroordeel volgens die raamwerk en die posisie wat jy ingeneem het. In oorlog weet ons vandag dat die uitdrukking baie waar is, ...........In war nobody is right there are only some people left, ..........to carry on with life.

Vir somige oorlewendes was dit moeiliker as vir ander, want nie almal se ervarings was dieselfde nie. Dit maak my baie hartseer as ek aan die swaarkry dink, maar ook gevul met dankbaarheid dat soveel vaderlandsliefde geoppenbaar is.
+8 votes
Dis 'n swaar ding en selfs meer as honderd jaar later steeds verdelend. 'n Mens soek op 'n naam in die Kaapse Argief en kom op 'n CJC inskrywing af. Mense wat kompensasie na die oorlog eis. Jy kan uit die onderwerp aflei watter kant die persoon gekies het. 'Burgher", "Protected Burgher", "British Subject", en dan is dit twee broers en 'n neef, wat in die 1870s na die Vrystaat of die ZAR getrek het. Die eufemisme "Refugee Camp". 'n Mens se hart en verstand wat dwarstrek. Kitchener. Die verskil tussen 'n held en 'n oorlogsmisdadiger is of jou kant die oorlog gewen het.

Ek het een voorsaat wie se profiel ek bestuur wat sentraal in die ABO gestaan het. Ter wille van hom moet ek deelneem. Maar neutraal en objektief kan en wil ek nie wees nie. Dis dalk beter dat ek terugstaan.
by Dirk Laurie G2G6 Mach 3 (39.4k points)
Hi Dirk

Baie dankie vir jou terugvoer en belangstelling.

Ja nee, ek dink vir meeste van ons is dit 'n baie hartseer saak en tot en met die dag het die oorlog 'n inpak op ons lewens.

Ek voel wel dis belangrik dat ons die inligting deel rondom die gebeurtenis. Nie vir onself nie maar vir die wat na ons kom.
+4 votes
I just created a 'Free space' Battle of Magersfontein on Wikitree. Please feel free to add profiles of the Burghers who died in action on the bottom of the page.
by Marco Johan Nel G2G6 Mach 1 (19.6k points)
Thank you Marco

You did a lot of work on that page and it looks great  !!

I hope you dont mind but I have a suggestion.

If you add the memorial found in eGGSA to the page everyone interested can also add a link, of the persons profile, to the image placing the image on the person profile and thus also creating a  "list" of profiles on the image page
Added the link to the project page (see Battles)
I will alert all the ABW members of this new page
Thank you.

Good idea, I will add the eGGSA link asap

Oh my word, thank you Marco! I really hope that I have some profiles that I can add the category to  enlightened I'm off to go hunt down some profiles laugh 

Nou dat ek hierdie deel van Magersfontein geskep het, hoe skuif ek dit onder die 'vlerk' in van die Anglo Boere Oorlog projek as 'n sub kategorie? Ek sien 'Die slag van Modderfontein' is reeds daar.

'Battle of Magersfontein' las aan by die verhaal.
Marco ons moet toestemming kry ons mag nie self skep nie.

Jy sal die mense in beheer moet kontak.  

Ek wag ook nog steeds vir 'n wapen vir die ABO soos   in 2016 belowe is  :-))
Wel, dit is nou 'n groot teleurstelling. Wie is hierdie mense in beheer waarna verwys word?

Miskien verstaan ek Wikitree se reëls verkeerd, ek was onder die indruk enigeen kan 'n freespace projek skep, onderworpe daaraan dat dit nie sensitiewe inhoud bevat van mense wat nog leef nie en ook nie kopie reg skending is nie, maw. ons moet erkenning gee waar nodig.

Ek het intussen die hele volledige lys van name met detail vanaf die Museum in Bloemfontein ontvang van die gestorwe burgers te Magersfontein.

NB. Moet ek die geskepte projek delite?

Hallo julle,

 Makro, Ronel praat oor die skep van die kategorie, moet asseblief nie jou pragtige vryespasieprojek uitvee nie...dit is beslis die beginpunt om die kategorie te skep. Sien hierdie bladsy hier oor kategorisering.

Beste Marco

Hier het 'n misverstand ontstaan Laat ek verduidelik

Daar is 'n groot verskil tussen 'n kategorie en 'n Free space page.

Laasgenoemde is aan geen reels onderworpe.

'n Kategorie word bo aan die biografiese hofie op 'n profiel geplaas (tussen die vierkantige hakkies) . 

Voorbeeld

 [[Category:Killed in Action, South Africa, South African Bush War (1966-1989)]] 

Dit neem die leser na 'n ander blad waar slegs 'n lys van name voorkom wat spesefieke persone in 'n sekere groep plaas  

Lees hier  oor die proses om 'n nuwe kategorie te skep

 https://www.wikitree.com/wiki/Help:Categorization#Adding_New_Categories

Free space pages laat jou toe om  Biografiese feite en gegewens te plaas.  Hierdie blad is "free for all" en jy moet dit asseblief nie  verwyder nie.  

Punt nommer vier op die inligting oor free space pages gee die inligting 

 Add a free-space profile for a house, cemetery, church, school, wedding, party, military unit, pet, family heirloom, or anything other than the above 

 

 

+5 votes
I will do what I can too. My cousin was a Boer general in that conflict.
by Grant McDuling G2G4 (4.2k points)
Thank you Grant

Marco has gracefully agreed to take on this huge task to preserve our history and did a fantastic job 2
+4 votes
Dit is defnitief een van die meers interesantste priodes van ons Geskedenis en verdien 'n spesiale plek op Wikitree.
by Esmé van der Westhuizen G2G6 Pilot (149k points)
Ek stem beslis saam Esme.
+2 votes

ABO ondersteuners en Marco

Andrew Fields het vir ons die kategorie geskep.

[[Category:Battle of Magersfontein]]

Dankie Andrew

Dankie Pam vir jou korrespondensie met Andrew

by Ronel Olivier G2G6 Pilot (123k points)
edited by Ronel Olivier
+2 votes
Ja Natuurlik! Ek is in. Is daar iets anders wat ek moet doen? Ek is reeds deel van die ABW projek
by Drika Brown G2G6 (8.7k points)
Goeie more Drika

Dankie vir jou belangstelling en harde werk op die ABO projek  :=)

As jy enige familie het wat te Magersfontein gesterf het sal ons dit waardeer as jy hulle op die Magersfontein blad plaas soos Marco versoek het.

Dit sal ook nuttig wees as jy die Kategorie vir Magersfontein kan plaas waar nodig.

Dankie by voorbaat
Maak so. Dankie Ronel

Related questions

+7 votes
5 answers
+5 votes
2 answers
+5 votes
2 answers

WikiTree  ~  About  ~  Help Help  ~  Search Person Search  ~  Surname:

disclaimer - terms - copyright

...