South African Roorts Projek .....Kom gesels saam in Afrikaans!

+7 votes
163 views

Ons lank verwagte “South African Roots projek”  is  uiteindelik klaar.

Na maande se beplanning, kopkrap en oor doen is ons gereed om die wereld aan te vat.

Ons nooi julle graag om na ons tuisblad te kyk.

https://www.wikitree.com/wiki/Project:South_African_Roots

Die blad sluit die volgende in

: South African Roots 1807 – now

:: Anglo Boer Oorlog 1899-1902

: Cape of Good Hope project 1652 – 1806

Op die blad  sal jy als vind wat nodig is rondom die projek.

:: Die doel van die projek

:: plakkers vir die projek en sub-projekte (hoe en waar om wat te gebruik)

:: Jy kan ook van hier die leiers en koordineerders van die projek in die hande kry.

Ons het ook ‘n wonderlike blad saamgestel om jou vinnig op die regte Wiki Tree pad te kry in jou eie taal.  Afrikaans maak alles makliker.

Die “Help Afrikaans” blad bespreek die fynere hoe, wat en waar.

https://www.wikitree.com/index.php?title=Space:SARoots-Beleid&public=1

Enige voorstelle om die projek te verbeter sal wardeer word.

“G2G “ is ‘n wonderlike manier vir  lede om te kommunikeer en vinnig en maklik hulp te kry.

Engels sprekende WikiTreers is ook welkom.

Die South African Roots span sien uit daarna om met julle te klets.

Saam maak ons 'n span.

 

in The Tree House by Susanna Hendrina Elisa de Bruyn G2G6 Mach 3 (37k points)
Susan

Ek het vandag een "unsourced "profiel gevat en rondom hom 8 ander profiele van kinders opgesit en almal gekoppel aan SA Roots projek. Prinsloo lyn maar nie familie van my

 

dan het ek ook 11 ander profiele gesource en gekoppel Swart Lyn my vader se familie

en verder is ek stadig besig om bronne by profiele by te werk soos ek gaan

Ek praat dalk nie saam maar probeer my tyd nutig gebruik om profiele bronne by te sit.

Ek moet byvoeg dat ek geen betalende diens gebruik nie slegs dit wat vrylik beskikbaar is aangesien ek nie oor die fondse beskik om by webtuistes  aan te sluit nie

Groete

Peet
Hi Peet

Dankie dat jy saam ons in Afrikaans kom gesels. Seker die mooiste taal in die wereld :)

Dis baie goed, Ons moet regtig probeer om die profiele sonder bronverwysings weg te werk en dan ook die ongekoppelde profiele.

 

Ek dink meeste van ons gebruik gratis inligting. Meeste is in elk geval bekombaar as jy weet waar om te soek.

Vra gerus as jy vashaak.

Lekker werk

South African Roots span
Baie dankie vir elkeen wat hierdie blad moontlik gemaak het. Dit is baie duidelik uiteengesit en maklik verstaanbaar. Ek persoonlik het al verskeie kere baat gevind daarby. Ek besef ook daar gaan baie ure se beplanning en harde werk in hierdie projek in. Dis n voorreg om deel te wees van dit.
Elsa

Baie dankie dat jy ook by ons groep aangesluit het,

Ons het dit juis op G2G gesit dat almal kan saam gesels, kan vra wanneer iets onduidelik is en of wanneer julle voorstelle het om die blad makliker verstaanbaar te maak.

Almal se insette word wardeer en oorweeg.

Sien baie uit om meer van jou te hoor. :)

South African Roots span

Hi, 

Here's the latest Project Update , ideas, questions and so on, in English or Afrikaans all input is very welcome ! 

Go to:  South African Roots Project UPDATE 11 March 2017

2 Answers

+4 votes

Dankie Susan

Ons laaste kans om te kla en dan moet ons dit vat soos dit is. :-)) 

'n Baie spesiale dankie 

aan Louis vir die ontwerp van die projek blaaie en die uitstekende uitleg.  

aan Bea wat ons hande geneem het en ons rustig gelei het om ons doel te bereik.

aan Susan wat altyd bereid is om die ekstra myl te loop en almal te leer hoe WikiTree werk.

aan Esme en Wynand wat hulle vry spasie blaai Anglo Boer War Anglo Boere Oorlog 1899-1902  en South African Settlers 1820 aan ons toevertrou het

aan Dirk wat die SA Roots Help - So suiwer vertaal en uiteengesit het 

aan elke Lid van die SA Roots projek dankie vir jul geduld en vir die vertroue in ons

Dankie by voorbaat vir al die  toekomstige bydraes. 

Hier gaan ons berge skuif en 'n nuwe era inlyf in Suid Afrikaanse genealogie, wanneer ons saamwerk en saamspan om die Suid Afrikaanse profiele betroubaar en geloofwaardig te maak deur middel van primêre bronne. 

Kom ons gee aan elke familielid 'n ereplek op WikiTree !!!!

 

 

 

 

 

 

by Ronel Olivier G2G6 Mach 6 (61k points)
Ronel .....

Dankie vir jou in besonders. Jy het 101% in die projek ingesit.

Bea, jy is 'n baie spesiale mens, sonder jou hulp sou ons dit nooit vermag het nie. Jy is seker die een mens met die meeste geduld op aarde. Jou ondersteuning word so baie wardeer.

Vir elke ander persoon wat dit moontlik gemaak het, baie baie dankie.(Ronel het dit klaar mooi uiteengesit.)

Mag die projek van krag tot krag gaan.
Susan
Thank you so much Susan, and thank you for all your hard work as well. I wouldn't know what to do without this great team, the great thing about WT is the fact we all work together and start these wonderful projects, it really works, it's the reason why I joined WT, one person alone can only do so much, but with all these great groups of members working as a team on thousands and thousands of profiles, our shared WikiTree is going to be the most accurate and improved soo much faster :)

So a big thank you for each and everyone of you who joined our amazing team !
+1 vote
Dit is wonderlik dat ons so in Afrikaans kan saam praat. Soos julle weet stel ek baie belang in die konsentrasie kampe en sal dit baie waardeer as julle die kategorie op in die biografie plaas soos volg [[Category: Johannesburg Camp]]. Vervang net Johannesburg met die regte naam.

Daar is meer inligting beskikbaar op https://www.wikitree.com/index.php?title=Space:British_Concentration_Camps_in_South_Africa_during_the_Second_Boer_War&public=1

Ek het laas week uitgevind dat daar 'n paar Russe in die oorlog kom veg het aan die kant van die Boere. Weet enige iemand iets van hulle af? Ek gaan hierdie week so bietjie randkrap om meer te probeer uitvind.
by Esmé van der Westhuizen G2G6 Mach 9 (97.5k points)
Hi Esme,

Dis baie interesant oor die Russe. Werklik iets om oor navorsing te doen.

Ek geniet ook die Afrikaans vreeslik :)

Louis het vir ons al die plakkers vir die kampe hier gesit

https://www.wikitree.com/wiki/Project:Anglo_Boer_War-Anglo_Boere_Oorlog_1899-1902

Jy moet skree as jy hulp nodig het,

Lekker daggie vir jou
Ek het gesien Louis het sulke wondere uitegerug met die blad.

Related questions

+8 votes
4 answers
+1 vote
3 answers

WikiTree  ~  About  ~  Help Help  ~  Search Person Search  ~  Surname:

disclaimer - terms - copyright

...