Voortrekkers se name wat saam met Retief gesterf het

+7 votes
1.8k views
Vir al ons lede wat belangstel in die Voortrekkers:
'n Paar van die burgers is reeds op WikiTree maar dit sal wonderlik wees as ons hulle almal kan onthou.  

Wie is oorgehaal om te help met hierdie taak?

Ek het op 'n lys afgekom wat Helena Liebenberg geplaas het met die name van die burgers wat saam met Retief vermoor is en dit goed gedink om dit te plaas vir al ons Suid Afrikaanse lede om na te gaan.

Met dank aan Helena en ander wat dit moontlik gemaak het.
WikiTree profile: Space:Voortrekkers
in Requests for Project Volunteers by Ronel Olivier G2G6 Pilot (123k points)
edited by Ronel Olivier
lol - had to go translate this one as I don't speak the language, but I certainly wonder if some of our English speaking members might also be interested... (forgive the awkward Google Translate that tends to be quite literal)

For all our members who are interested in the Voortrekkers:

A few of the "burgers" are already on WikiTree but it would be great if we can remember them all.

Who will be willing to help with this task?

I came across a list that Helena Liebenberg posted with the names of the "burgers" killed with Retief and thought it worthwhile to post it for all our South African members to review.

Thanks to Helena and others who made it possible.
Thank you sooo much Ronel for fixing it for me. I think it got the message across, but your new version is much clearer!
Thanks Scott you are a star!!

I never though the English speaking members would be interested, but you are most probably correct. One never know hey?

I did a bit of a edit, but the translation was very good. Well done, and thanks again
Maak dit 'n subprojek van SAR asseblief
Wel ons kan kyk of dit moontlik is.Sal jou op hoogte hou en ondersoek instel of ons ten minste 10 lede kan kry wat belangstel want daar is 'n sekere belangstelling nodig om 'n sub projek goedgekeur te kry.

Hi Ronel, wie het die Voortrekker projek voorgestel? Die kategorië gemaak? Leiers? Ek voeg kategorië toe soos dit voorkom: [[Category:Voortrekker]][[Category:Groot Trek]][[Category:Voortrekker Leaders]]. Maar ek verstaan nie waarom Bloedrivier 'n aparte sub-projek moet wees nie … en wie verantwoordelikheid vir dit wil neem nie … want soos jy self ooit teen my vertel het in 'n Wimpey in Wellington die "Voortrekkers was eintlik dwars-trekkers" - waar die SAR-projek die laaste jare die bewys van gelewer het.

Askies. Ek probeer die skrywe bo gelykmatig te kry (dit klink asof ek kwaad is) maar niks werk nie. Ek is nie kwaad nie, net oorlaai met WikiTree aktiwiteite. Ek vra my wel af waarom daar ooit wel 'n SAR-projek gestig was as almal hulle hande daarvan aftrek (en ook daarmee alle sub-projekte?)
1820 settelaars? Vuurlaer? Dorstland-trekkers? 1ste & 2e boere-oorloë?
Hi Ronel, jy het slegs een persoon en toestemming van 'n leier nodig vir 'n subprojek. Negatiewe mense wat dit nie wil ondersteun nie staan geensins onder enige verpligting om dit te doen nie.
Hierdie inligting is bedoel as 'n hulpmiddel vir mense wat belangstel om inligting in te win en profiele te probeer skep vir dapper manne wat as gevolg van hul oortuigings met hul lewens betaal het.  

Natuurlik as hulle nie deel van iemand se familie was nie sal dit net van toepassing en waarde wees vir sommiges. Gebruik dit dus soos wat dit bedoel was. 'n baie skaars lys goedgunstiglik voorsien om genelogie te bevorder.
Met graagte, baie dankie
Ok. En wie bemens die ander sub-projekte? Kan die lys van aktiewe deelnemers in die SAR geaktualiseer word? Wonder net.
Ek verstaan jy wil net 'n lys hê (van profiele) van mense wat by Bloedrivier gesterf het. Iemand nodig om dit saam te stel.
Philip

Die lys is van 70 burgers en een sendeling wat saam met Retief vermoor is. Nie die wat by Bloerivier gesterf het nie.  Ek was gelukkig genoeg om die Sendeling se informasie te verkry, nogals op Facebook,  maar weet weinig van die ander 70 mans (behalwe Piet Retief natuurlik) Dus as enige lid 'n profiel van sy of haar gggggg oupa skep sal ek verkies dat die profiel beheer word soos enige ander profiel wat binne die projek val, maar dit is nie in sement gegiet nie, en sou lede voel hulle wil graag 'n sub projek vir die Voortrekkers skep kan ons dit later bespreek. (Daar is sekere reels wat hiermee gepaard gaan oa. Hoeveel profiele betrokke sal wees. en hoeveel lede so 'n subprojek sal ondersteun.) Dus jou vraag wie bemens so 'n sub projek? = mense wat belangstel om lid te wees..

Net 'n nota: ek is besig om  riglyne op te stel om SAR projek beheer en Wikitree Kriteria te verduidelik en sal binnekort op G2G plaas, aangesien ek bewus geword het dat daar dalk onduidelikheid bestaan.
Dit maak sense. Êrens onthou ek nou daai moordparty en Silkaats het om verskoning gevra dat die sendeling (as tolk) ook vermoor was. Anyhow. Ja ek is bewus dat daar aan reëls en goeters voldoen moet word om projekte op te sit. Ek het net gedink ons gebruik so lang al die Voortekker kategorië, dat ek vergeet het dat die projekte nog nie bestaan nie. Vir wat betref die SAR projek reëls ... ek wag af maar is skepties oor die handhawing. Gesien die moeilike samewerking tussen projeklede in die verlede. Gelukkig is die COGH protokolle duidelik en nie willekeurig nie.
Hallo Phillip,

Dwarstrekkers ? 'n Saak het altyd 2 of meer kante, bv. die Engelse sal dit altyd as dwarsstrekkers sien, Dingaan het hulle as gevaartrekkers gesien, en ons die Boere sien hulle beslis as Voortrekkers.

Dankie,

Callie.
Bedoelend onderling het die boere verskille van mening gehad en baie keer mekaar dwarsgelê. Verskillende kante toe opgetrek. Hulle self uiteindelik benadeel. Ons bedoel nie hier die Engelse of die Zulu's nie. Ronel kan dit goed verduidelik.
Dankie Ronel.

Daar is 2 Opperman name in Retief se geselskap wat deel is van my ouma se voorgeslag.

Sy (g1892 - s1959 )was een van 'n tweeling, Johanna Maria Opperman en getroud met my oupa Hendrik Jacobus Momberg. Ek is op soek na haar tweeling se naam. Haar vader was Christiaan Rudolph Opperman, volgens haar trou dokument. Maar ek vind nerens my ouma se moeders naam nie.

Groete.

Ek probeer die familie boom opbou. Daar is egter leemtes  wat ek sukkel om the vul. Waardeer joune (en elkeen) se bydrae.
Beste E Lawrenz

Ek het in die Voortrekkerstamouers  (Jan Cilliers) geloer maar sien nie enige Oppermans wat in Retief se geselskap  was nie. Daar was wel 'n Voortrekker Leier genaamd Opperman  Was hulle jou ouma se Mense?

Stuur vir my 'n privaat pos en

Verskaf meer inligting bv.   Name datums en plekke van haar ouers  ....  dan sal ek kyk wat ek kan vind
Hi Ronel.

Dankie.

Ek sien dan 2 Opperman name op die monument.

Nou wonder ek......wat is die verskil tussen 'n voortrekker en 'n burgher.?

die Oppermans is afkomstig van Gotlieb Christiaan Opperman, die oorspronklike stamvader wat in 1696 in ZA aangekom het.  Sommige Oppermans moes seker saam met die trekkers noord getrek het Natal toe. Want daar  is 'n J Opperman naam op die monument. Ander familie lede besluit het om in die kolonie te bly. Sommiges soos my ouma het later as trekboere wel noorwaarts beweeg

Waardeer jou inset.

Groete.

Emelia
Die epos is 'n "no reply" adres dus kan ek jou nie privaat antwoord nie.

Kan ek al die name en sovoorts op hierdie blad pos?
Dit behoort nie 'n probleem te wees nie Gaan gerus voort

4 Answers

+6 votes
 
Best answer
I am happy to volunteer to research trekker names etc.  I am away for a week but will make contact with Ronel the minute I am back online.  I am English speaking but read and speak Afrikaans reasonably well. And getting very proficent in reading scrawled Dutch  :).  Definitelyhad trekkers amongst some of my Stamouers
by Jaulanne van der Bank G2G6 (9.0k points)
selected by Philip van der Walt

Hi Jaulanne

Many thanks for responding.

So looking forward to your contact next week and to work with you. 

Also so very enthusiastic that you are proficient in scrolled Dutch. 

We need you grill !! laugh

Thanks Jaulanne, that will be a great help to us all!
Hi,

I have sent message and left comments but have not received a reply. I have added comments to the Voortrekker space asking questions.

In the meantimeI have done some investigation into names on the list.  I have found or created a profile and added the information on the Voortrekker page
Hi Jaulanne, if it is a new profile there are two projects that it will belong to: either {{Dutch Cape Colony}} or {{South African Roots}}. If it is the first one (born before 1806) and it is still not validated by a primary baptism record; it also gets the category [[Category:Cape_of_Good_Hope_Project_Needs_Validation]] If the year of birth is after 1806, and still needs validation, it gets the {{South African Roots}} sticker and the [[Category:South African Roots Project Needs Birth Record]] cateroy.
Either way there are 3 Voortrekker categories: 

[[Category:Groot_Trek]] - on all Voortrekker profiles

[[Category:Voortrekker]] - on all Voortrekker profiles

[[Category:Voortrekker_Leaders]] - on those that have been identified in the sondary sources as being a Voortrekker leader.

Thank you.  I will add  those to profiles as required
+3 votes
More, ek gaan probeer om Prof Norval se kontak besonderhede te kry. Hy het sy meester graad in Voortrekker Geskiedenis. Hopenlik kan hy ons help met al die inligting wat jul nodig het. Sal jul laat weet sodra ek reg gekom het.

Groete
by Luzette Jackson G2G1 (1.7k points)
Hi  Luzette

Eerstens jammer dat ek nou eers reageer Ek het in die boendoes gekuier waar internet 'n vreemde woord is. :-D

Gister weer in die beskawing aangekom.

As jy met Proffesor Noval kan kontak maak sal ons pogings om eer te bring aan hierdie groot geeste in ons geskiedenis (die Voortrekkers) baie daarby kan baat.

Ek hou dus styf duim vas dat jy sukses sal behaal en bedank jou innig vir jou moeite.
+3 votes
Hallo Ronel,

Ek sal my beste probeer om jou te help, hoop ek kry dit hierdie keer reg. Stuur al die info asseblief sodat ek kan leer wat om te doen.

Liefde groete

Hester
by Hester Wolmarans G2G1 (1.9k points)
Hallo Ronel,

My rekenaar het opgepak, maar ek het nou 'n ander tweedehandse een persent gekry, ek sal graag deelneem aan die Piet Retief en Bloedrevier name projek.

Groete,

Callie.
Dankie Callie. Baie hande maak ligte werk.
Hi Hester

Baie dankie dat jy bereid is om te help

Jammer vir die laat reaksie. Ek was bietjie met verlof.

Basies moet jy net kyk watter van die 70 mans se profiele is nog nie op WikiTree nie, hulle skep en bronne vind vir die inligting.

Kontak my gerus as jy klaar is dan kan ek daarna kyk en riglyne gee sodat jy meer selfvertroue kan kry.

Ek leer makliker as ek kan sien hoe, wat en waar, dus is dit ook my gekose manier om ander te help. :-D

Sien uit daarna om van jou te hoor.

Edit: typo corrected
Baie dankie by voorbaat Carl

Sjoe ek is so bly vir jou part dat jy reggekom het met 'n rekenaar. Mens voel nogals verlore as sulke "tragedies" gebeur :-P

Voorlopig is ons nog net op die spoor van die 70 Burgers wat saam met Piet Retief vermoor is (om seker te maak hulle is almal op WikiTree), maar as jy solank aan Bloedrivier sterftes wil aandag skenk is jy natuurlik baie welkom.

Ek het die lys op die skakel gesit (sien bo) want voorheen was slegs voorletters en vanne beskikbaar, maar nou is volle name by meeste van hulle gevoeg, wat dit soveel makliker maak om die regte persone op te spoor.

Vra gerus as jy onseker voel oor iets.

Edit: Typo corrected
The source to use when no other sources ar available are :

 Source: A. Dreyer. 1929. Die Kaapse Kerk en die Groot Trek. Kaapstad. Met erkenning aan Helena Liebenberg (http://taaloord.co.za/stamboomboord.htm?fbclid=IwAR0EVMAbREe_v0CV2APNI8YSwuCn_m-2uJDyN7y-eAuDJWJoaOL8wU2_ATk#PIET%20RETIEF%20EN%20SY%20GESELSKAP)

Thanks
+1 vote
Hi Ronel,

If it is not too late yet, I would like to assist. Please let me know what I can do.

Regards,
by Marlene Marx G2G6 Mach 1 (10.7k points)
Thanks Marlene That will be awesome

We are trying to link the names on the list to WikiTree profiles using Death Notice or other primary sources as confirmation.

Your help with this will be much appreciated.

Related questions

+1 vote
2 answers
+4 votes
2 answers

WikiTree  ~  About  ~  Help Help  ~  Search Person Search  ~  Surname:

disclaimer - terms - copyright

...