no image
Privacy Level: Open (White)

Johannes Petrus Jacobus Botha (1835 - 1922)

Johannes Petrus Jacobus Botha
Born [location unknown]
Son of [father unknown] and [mother unknown]
[sibling(s) unknown]
Husband of — married [date unknown] [location unknown]
Descendants descendants
Died at age 86 [location unknown]
Problems/Questions Profile manager: Ronel Olivier private message [send private message]
Profile last modified | Created 17 Jun 2017
This page has been accessed 142 times.

Biography

South African Flag
Johannes Petrus Jacobus Botha is genealogies verbind aan Suid Afrika /is genealogically connected to South Africa
Johannes Petrus Jacobus Botha.

Hy is gebore op 5 Maart 1838. Die plaas Spitskop wat net buite Prieska geleë is was sy eiendom. Die plaas was aan die teenoorgestelde kant van die Oranje rivier as die dorp Prieska. So moes daar met ‘n pont oorgery word wanneer proviand van die dorp af nodig was. Sien foto van die gesin voor die baksteenhuis op Spitskop. Die klein kindjie voor is die vrou wat met M.M,. Louw getrou het en so die grootmoeder van die Louw nageslag geword het. Haar naam is Aletta Elizabeth Botha.

Johannes Petrus Jacobus was alombekend as Kootjie. Hy was die eerste diaken in die eerste gemeente wat op Prieska gestig is. Die eer het hom te beurt geval om die kansel Bybel in die nuwe kerk in te dra die dag met die inwyding op 20 Augustus 1921, kort voor sy dood. Die ouderling wat saam met hom gedien het was Kühn en die ou waardige heer het weer die Bybel oor die drumpel van die eerste kerk wat in 1883 ingewy is, gedra. Hy is oorlede op 25 Februarie 1923.
Om en by 1901 het Kootjie en sy vrou ingetrek dorp toe en hul gevestig in hul dorpshuis. Hierdie huis was geleë waar die agterste deel van die huidige ouetehuis nou is. So die voordeur het uitgeloop in die straat aan die agterkant van die ouetehuis (Heuwelstraat). Die erf was so groot dat hy die eerste skoolgeboutjie vir Prieska se kinders in sy agterplaas opgerig het
Sy vrou se naam was Anna Sophia Johanna Burger.
Sy is gebore op 2 Desember 1840. Die egpaar is in 1860 getroud. Blykbaar het sy meer kinders gehad as die ses wat grootgeword het maar daar kon geen verdere inligting gekry word nie. Anna Sophia is oorlede 4 November 1912. Ons weet ongelukkig niks verder van hierdie vrou nie.
Haar ouers: Schalk Jacobus Burger gebore 13 Februarie 1816 op Graaff-Reinet en is op die ouderdom van 92 jaar en 8 maande oorlede op 30 Junie 1909 in Grassdale, Hay, waar hy ‘n Veeboer was. Hy is getroud met Anna Sophia Wilhelmina Vorster (1822 - 1880 Januarie) in Victoria Wes, 1843.

Die Botha egpaar se oudste dogter is 19 September 1865 gebore en haar naam was Anna Elizabeth

Anna het opgegroei op Spitkskop en sy is later met ‘n De Meillon (Frederick Albertus) getroud en hulle het hulself op Mafeking gevestig. Haar man was ‘n winkelier en hulle dogter was ook Anna Sophia en sy is met Japie Vink getroud. Haar tweede dogter was Barbara Wilhelmina, getroud met le Roux en hulle dogter was Zoë. Zoë is die meisie wat in Violet (Louw- Ferguson) se bekende groot skildery met ‘n rugsakkie teen die berg uitklim. Hierdie meisie is kort na die voltooiing van die skildery dood aan ‘n gebarste blindederm. [1]

Sources

  • "South Africa, Cape Province, Probate Records of the Master of the High Court, 1834-1989," database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/1:1:QGPP-M63H : 17 March 2018), entry for MM9.1.1/QGPP-M633:, 1922; citing Probate, Grahamstown, Albany, Cape Province, South Africa, 1922, Pietermaritzburg Archives (Formerly Natal State Archives), South Africa; FHL microfilm 1,367,878.[2]
  • First hand information from Anna Sophia Johanna (Botha) Floyd and photo received from Ernie Floyd via e-mail "Johannes Petrus Jacobus Botha, 1881 to 1938 from Prieska. His parents Johannes Petrus Botha and Anna Sophia Johanna Burger. My mother is Anna Sophia Johanna (Botha) Floyd, Johannes Pertrus Jacobus's youngest daughter and is living with me; her age 97+ years."
  1. First hand information from Anna Sophia Johanna (Botha) Floyd and photo received from Ernie Floyd via e-mail. Added by Ronel Olivier June 7, 2017.
  2. Added by Esmé van der Westhuizen, 29 Sep 2018.




Is Johannes Petrus Jacobus your ancestor? Please don't go away!
 star icon Login to collaborate or comment, or
 star icon contact private message the profile manager, or
 star icon ask our community of genealogists a question.
Sponsored Search by Ancestry.com

DNA
No known carriers of Johannes Petrus Jacobus's DNA have taken a DNA test.

Have you taken a DNA test? If so, login to add it. If not, see our friends at Ancestry DNA.



Comments

Leave a message for others who see this profile.
There are no comments yet.
Login to post a comment.

Rejected matches › Johannes Jurie Botha (1825-1908)

B  >  Botha  >  Johannes Petrus Jacobus Botha