Coert Erasmus
Privacy Level: Open (White)

Coert Erasmus (bef. 1807 - 1880)

Coert Erasmus
Born before in Somerset West, Cape Colony, South Africamap
Ancestors ancestors
Husband of — married 8 Jul 1827 in Graaf-Reinetmap
Descendants descendants
Died after age 73 in Mooiplaats 355 JR, district Pretoria, Zuid-Afrikaansche Republiekmap
Problems/Questions Profile managers: Theo Winter private message [send private message] and Pierre Kruger private message [send private message]
Profile last modified | Created 8 Jun 2015
This page has been accessed 504 times.


Contents

Biography

South African Flag
Coert Erasmus is genealogies verbind aan Suid Afrika /is genealogically connected to South Africa
Voortrekker[1]

Residence

Bruintjieshoogte, Somerset.

History

"Dit was nie voorheen bekend nie dat Lourens Jacobus Erasmus en sy drie seuns, Jacob, Coert en Lourens, in Augustus 1835 op vertrek na oorkant die Koloniale grens gestaan het. Benewens die berigte oor Louis Tregardt, is die dokumente oor die Erasmusse se planne die vroegste skriftelike verslag oor spesifieke persone wat beplan het om te emigreer. Blykbaar het hulle toe tog besluit om nog te wag, want lyste dui vaagweg aan dat hulle tussen 24.05.1836 en 01.06.1837 vertrek het. Lourens Jacobus sr het egter toe nie getrek nie. Coert Erasmus en sy gesin het in Natal gaan woon, maar blykbaar later verhuis na die omgewing van Pretoria, waar die plaas Rooipoort aan die Apiesrevier op 25.10.1849 vir hom aangeteken is. (Lyste 8, 9, 11; LG 14,R. Hart – Hudson, 31/8/1835, pp. 107 – 110, KAB; De V pp 203,922; J 182 Bruintjieshoogte, no 6, pp. 60,63 KAB; RAK 2433, 25/10/1849, no 584 TAB)."[2]

"Coert en sy vrou Aletta het saam met die Groot Trek met Piet Retief uit die Kaap getrek. Nadat Dingaan se moord op Retief trek hulle saam met Potgieter na Ohrigstad in die Lydenburg Distrik saam met verskeie ander Erasmusse, broers en neefs. Hulle jongste seun Coert is in 1845 daar gebore. Nieteenstaande die pragtige omgewing waar hulle hul gevestig het, was dit baie ongesond weens met malaria en tsetsevlieg. Na 'n aantal jare was hulle genoodsaak om die gebied te verlaat. Heelwat van die Erasmusse het hulle toe, plus minus in 1852 om Pretoria gevestig waar van hulle nasate tans nog woonagtig is. Coert en Aletta het hulle volgens oorlewering by Wonderboom, Pretoria gevestig waar die plaas Rooipoort aan die Apiesrivier op 25.10.1849 vir hom aangeteken is (Bron: Voortrekkerstamouers deur Jan Visagie). Hulle was egter nie vir lank daar nie en het hulle, toe hulle seun Coert sewe jaar oud was, omstreeks 1852/53 op Mooiplaats gevestig. Die Hennopsrivier het destyds as die Sterkspruit bekend gestaan. Coert se kinders het nie saam met hulle na Transvaal getrek nie. Hulle oudste dogter Anna Maria Louisa het na die dood van haar man Johannes Lodewikus Steijnberg in 1859 met haar ses seuns en broer Willem Frederik getrek na haar Pa op Mooiplaats. Sy trou weer in 1866 met Casper Hendrik Badenhorst, 'n wewenaar wat eers met 'n nooi Van den Berg getroud was. Hulle het op Schurveberg gewoon. Volgens Akte 22 is Mooiplaats op 26 Oktober 1859 deur die ZAR (Zuid Afrikaanse Republiek) aan Coert oorgedra. Die plaas het die volgende gebiede ingesluit: Laudium, Claudius, Erasmia, Christo-burg, Yskor/PPC Dolomietgroef en aangelegte, Viro Plaveistene, Hoekplaas en die huidige gedeeltes van Mooiplaats 355 JR. Na die afsterwe van Coert en Aletta het hulle jongste seun Coert op 'n groot gedeelte van die plaas, wat die opstal ingesluit het, aan-gebly. Coert jnr is getroud met Johanna Helena Susanna Grey."[3]

"Coert Erasmus hertrou na die afsterwe van A.C. Erasmus (geb Steinberg) met SUSANNA CATHARINA (gebore BOTHA) – oorlede 1872 en daarna met ANNA/ALETTA ELIZABETH NEL, weduwee van ANTHOON FREDERICUS FICK. Coert Erasmus was 'n landbouer van die plaas Mooiplaats 355 JR, distrik Pretoria (die huidige Erasmia dorpsgebied) ten tyde van sy afsterwe en was 74 jaar oud met sy afsterwe. (Bron: TAB MHG 0/780A)"[3]


a1b3c8d1e5[4]

Baptism

Date : 22 February 1807[4]

Sources

  1. Voortrekkerstamouers 1835 - 1845, Jan C Visagie, Protea Bookhuis,Edition 2, 2011,ISBN 978-1-86919-372-0,P172. Jul 2020 by Jaulanne van der Bank
  2. Visagie, Jan C. "Voortrekkerstamouers: 1835 – 1845".
  3. 3.0 3.1 Janse van Vuuren, Magda. "Kronieke van Lourens Jacobus Erasmus en Helletje Maria Gebore Smit". Unpublished. Page 20.
  4. 4.0 4.1 Added by Esmé van der Westhuizen, 8 June 2015. De Villiers, Christoffel Coetzee "Oude Kaapsche Familien" https://archive.org/details/OudeKaapscheFamilienPart1 - A-J. Page No. 218




Is Coert your ancestor? Please don't go away!
 star icon Login to collaborate or comment, or
 star icon contact private message private message a profile manager, or
 star icon ask our community of genealogists a question.
Sponsored Search by Ancestry.com

DNA Connections
It may be possible to confirm family relationships with Coert by comparing test results with other carriers of his Y-chromosome or his mother's mitochondrial DNA. However, there are no known yDNA or mtDNA test-takers in his direct paternal or maternal line. It is likely that these autosomal DNA test-takers will share some percentage of DNA with Coert:

Have you taken a DNA test? If so, login to add it. If not, see our friends at Ancestry DNA.



Comments

Leave a message for others who see this profile.
There are no comments yet.
Login to post a comment.

E  >  Erasmus  >  Coert Erasmus

Categories: Groot Trek | Voortrekker