Hy was 'n landbouer en veeboer te Hoogkerk op 'n plaas wat oorspronklik van die familie Gerber was. Die plaas is later aan 'n suikerfabriek verkoop. Hulle is tydens die Eerste Wêreldoorlog getroud en in die begin van die huwelik was Kornelis deur die mobilasie in militêre diens gewees te Assen. Die oudste drie seuns is te Hoogkerk gebore. Na Hoogkerk het die gesin na Aduard toe verhuis. Hulle het op die Aduarder Voorwerk, 'n strekie aan die Sterkenborgkanaal, gaan woon. Die volgende drie kinders is hier gebore. Ongeveer 1930 het die gesin na Zuiderham toe verhuis en die jongste kind is in 1939 hier gebore. // He was a farmer at Hoogkerk on a farm that was originally from the Gerber family. The farm was later sold to a sugar factory. They were married during the First World War and at the beginning of the marriage Kornelis was in military service at Assen, through the mobilization. The eldest three sons were born in Hoogkerk. After Hoogkerk the family moved to Aduard. They went to live on the Aduarder Voorwerk, a stretch of the Sterkenborg Canal. The next three children were born here. Around 1930 the family moved to Zuiderham and the youngest child was born here in 1939.
Is Kornelis your ancestor? Please don't go away! Login to collaborate or comment, or contact
the profile manager, or ask our community of genealogists a question.