no image
Privacy Level: Public (Green)

Philippus Villiers Pistorius (1907 - 1972)

Prof. Philippus Villiers Pistorius
Born in Kafferskraal, Rustenburg, Transvaal Colonymap
Ancestors ancestors
Husband of — married 10 Jan 1935 in Fouriesburg, Orange Free State, South Africamap
Husband of — married 30 Oct 1956 in Johannesburg, Transvaal, South Africamap
Husband of — married after 1963 in Transvaalmap
Descendants descendants
Father of , [private daughter (1930s - unknown)], [private son (1940s - unknown)], [private daughter (1940s - unknown)], [private daughter (1940s - unknown)] and [private son (1940s - unknown)]
Died at age 64 in Pretoria, Transvaal, South Africamap
Problems/Questions Profile managers: Mary Rudd private message [send private message] and M De Villiers private message [send private message]
Profile last modified | Created 12 Mar 2013
This page has been accessed 229 times.

Contents

Biography

P.V. Pistorius (*16 Desember 1907, Rustenburg – †24 Oktober 1972, Pretoria ) was 'n professor in Grieks aan die Universiteit van Pretoria, predikant van die NG Kerk en skrywer van verskeie boeke oor die oudheid, sy fokus is veral op die Griekse klassieke wêreld.
Onder die skuilnaam, P. de Villiers skryf hy ook ’n aantal populêre romans.
Herkoms en opleiding
Philippus Villiers Pistorius was op 16 Desember 1907 in die distrik Rustenburg gebore as die seun van Carl Wilhelm Frederick Theodore Pistorius (1871–1939) en Martha Josina van der Westhuizen (1877–1945). Sy skoolopleiding ontvang hy op Rustenburg[1]
Hy studeer verder aan die Universiteit van Suid-Afrika, waar hy die B.A.-graad en die B.A. Honneurs-graad verwerf. Daarna sit hy sy studies voort aan die Universiteit van Stellenbosch, waar hy die M.A.-graad en in 1931 die B.D.-graad behaal. Aan die Universiteit van Pretoria behaal hy in 1937 die D.Litt.-graad met ’n proefskrif oor Plotinus: ’n Studie in neoplatonisme (wat later in verwerkte vorm in Engels verskyn as Plotinus and neoplatonism: an introductory study). Aan die Universiteit van Leiden in Nederland behaal hy in 1939 die D.Litt. et Phil.-graad met ’n proefskrif oor Indices Antinoopolitani.
Loopbaan
Tussen 1932 en 1936 staan hy in die bediening in die NG gemeente Roodepoort en van 1936 tot 1938 is hy leraar van Cottesloe-gemeente. In 1940 word hy aangestel as senior lektor in Grieks aan die Universiteit van Pretoria en in 1947 word hy professor en hoof van die Departement Grieks, ’n pos wat hy tot met sy dood beklee.
Politieke betrokkenheid
Vir baie jare neem hy ook aktief deel aan politieke aangeleenthede en hy is lid van die hoofbestuur van die Progressiewe Party. As politikus is hy ’n uitgesproke teenstander van die apartheidsbeleid[2] en in 1957 in sy boek Die trek is verby (in Engels No further trek) argumenteer hy reeds dat die integrasie van rasse in Suid-Afrika verby die punt is waar dit afgeweer kan word.
Skryfwerk
Sy boeke sluit in verskeie vertellings oor die Griekse klassieke wêreld, insluitende Alexander die Grote, Droomhelde uit Hellas (waarin mites soos onder andere Poseidon en Athena, Demeter en Persephone, Orpheus en Eurydike en die avonture van Perseus verhaal word) en Die Odyssee van Homeros. Waar Asgard blink bevat verhale uit die Germaanse mitologie en stel die leser bekend aan gode soos Odin, Loki, Honer en Thor. “Thor Verloor Sy Hamer” is voorheen gepubliseer as deel van 'Waar Asgard Blink'. Frey en Gerda is ’n Noorse mite. ’n Boek met ’n politieke strekking is 'No Further Trek' (in Afrikaans 'Die Trek Is Verby'), waarin rasseverhoudinge in Suid-Afrika die tema is en die onafwendbaarheid van integrasie van rasse in Suid-Afrika op rasionele wyse aangetoon word. Hy skryf ook talle artikels en kortverhale wat in tydskrifte verskyn.
Onder die skuilnaam P. de Villiers skryf hy etlike romans en novelles soos 'Nag Op Die Duine', 'Geen Groter Liefde', 'In Nuwe Aarde' en 'Bloeisels In Die Herfs'. 'Die Masker Val' is ’n vervolg op 'Nag Op Die Duine'.[3]

Baptism

Name: Philippus Villiers Pistorius
Birth Date: 16 Dec 1907
Father's Name: Carl Wilhelm Frederik Theordoor Pistorius
Mother's Name: Martha Josina v.d. Westhuizen
Event Date: 26 Feb 1908
Event Place: Kafferskraal, Hexrivier[4]

1935 Marriage

Name: Philippus Villiers Pistorius
Age: 27
Residence Place: Roodepoort
Birth Year (Estimated): 1908
Birthplace: Transvaal
Marital Status: Single
Occupation: Predikant
Residence: Roodepoort
Spouse's Name: Liza Venter
Spouse's Age: 24
Spouse's Residence Place: Johannesburg
Spouse's Birth Year (Estimated): 1911
Birthplace: O.V.S.
Spouse's Marital Status: Single
Occupation: Student
Residence: Johannesburg
Marriage Date: 10 Jan 1935
Marriage Place: Fouriesburg, Orange Free State, South Africa[5]

1956 Marriage

Name: Philippus Villiers Pistorius
Age: 48
Birth Date: 16 Dec 1907
Place of birth: Rustenburg, Transvaal
Marital Status: divorcee
Occupation: University Lecturer
Residence: 101 Sunleigh Court, Cillier Street, Pretoria
Spouse's Name: Bessie Rosetta Mabel Meikle born Smith
Spouse's Age: 41
Spouse's Birth Date: 4 Dec 1914
Place of birth: London, England
Marital Status: divorcee
Occupation: Nursery School Teacher
Residence: 1304 Prospect Street, Hatfield, Pretoria
Marriage Date: 30 Oct 1956
Marriage Place: Johannesburg, Transvaal, Suid-Afrika[6]

Sources

  1. Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) Bloemfontein. Pistorius, prof. dr. Philippus Villiers – Biografie.
  2. http://www.disa.ukzn.ac.za/webpages/DC/BSDec63.0036.4843.007.004.Dec%201963.8/BSDec63.0036.4843.007.004.Dec%201963.8.pdf
  3. https://af.wikipedia.org/wiki/P.V._Pistoruis
  4. "South Africa, Netherdutch Reformed Church Registers (Pretoria Archive), 1838-1991", database with images, FamilySearch (https://www.familysearch.org/ark:/61903/1:1:QPLK-1YDT : 28 September 2021), Carl Wilhelm Frederik Theordoor Pistorius in entry for Philippus Villiers Pistorius, 1908.
  5. "South Africa, Free State Dutch Reformed Church Records, 1848-1956," database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/1:1:Q2HG-FFBP : 20 February 2021), Philippus Villiers Pistorius and Liza Venter, 10 Jan 1935; citing p. , Marriage, Fouriesburg, Orange Free State, South Africa, Dutch Reformed Church Synod Centre, Bloemfontein; FHL microfilm .
  6. "South Africa, Civil Marriage Records, 1840-1973", database, FamilySearch (https://www.familysearch.org/ark:/61903/1:1:6ZHB-KPCH : 21 September 2022), Bessie Rosetta Mabel Meikle in entry for Philippus Villiers Pistorius, 1956.

Acknowledgments

Thank you to Mary Pistorius for creating WikiTree profile Pistorius-260 through the import of Pistorius RSA Five Brothersfor WIKI.ged on Mar 8, 2013. Click to the Changes page for the details of edits by Mary and others.





Is Philippus Villiers your relative? Please don't go away!
 star icon Login to collaborate or comment, or
 star icon contact private message private message a profile manager, or
 star icon ask our community of genealogists a question.
Sponsored Search by Ancestry.com

DNA Connections
It may be possible to confirm family relationships with Philippus Villiers by comparing test results with other carriers of his Y-chromosome or his mother's mitochondrial DNA. However, there are no known yDNA or mtDNA test-takers in his direct paternal or maternal line. It is likely that these autosomal DNA test-takers will share some percentage of DNA with Philippus Villiers:

Have you taken a DNA test? If so, login to add it. If not, see our friends at Ancestry DNA.



Comments

Leave a message for others who see this profile.
There are no comments yet.
Login to post a comment.

P  >  Pistorius  >  Philippus Villiers Pistorius