Buks Riekert

Philippus Johannes Riekert (abt. 1898 - 1972)

Privacy Level: Open (White)
Philippus Johannes (Buks) Riekert
Born about in Derdepoortmap [uncertain]
Ancestors ancestors
Husband of — married 8 Jan 1927 in Rustenburgmap
Descendants descendants
Died in Britsmap
Profile last modified 23 Aug 2019 | Created 29 Dec 2014
This page has been accessed 522 times.

Biography

Philippus Johannes was born in 1898. Philippus Johannes Riekert ... [1]

Buks was omtrent 16 jaar oud in die Rebellie (hy is in 1898 gebore) saam met sy pa Hennie en sy oupa Hans. Hulle is naby die Bufffelspoortdam suid van Rustenburg gevang en in Pretoria sentraal gevangenis opgesluit. Gert Herriner hom dat sy oupa Buks het vertel dat Jopie Fourie se lyk toegedraai in komberse, druppende van die bloed by hulle in die gevangenis verby gedra is.

Oupa Buks het altyd gesê dat hy ‘n boer is wat onderwys gee. Hy het op Normaal Kollege (destyds Normaal skool genoem) op Ermelo vir dalk 2 jaar studeer. Pilanesberg was waarskynlik sy eerste skool. Oom Koos en tant Fienie du Plessis het na die kinders gekyk toe sy ma (Hendrina Henrietta Albertina – Jettie) op jong ouderdom (39 jaar of so) dood is. Buks was ongeveer 16 jaar oud toe sy dood is. Jettie het 9 kinders gehad van wie net 4 groot geword het (2 seuns en 2 dogters).

Trien onthou dat hulle met die muilkar (treppie) skool toe gery het, terwyl Buks nog daar skool gehou het. Hy het dikwils die liedjie “Let the rest of the word go by” gesing as hulle op die muilkar gery het. Die liedjie is in 1919 geskryf deur J. Keirn Brennan (Lyrics) en die musiek deur Ernest R. Ball (https://www.youtube.com/watch?v=Sp0kVx3Gc4w ):

"Is the struggle and strife we find in this life Really worth while, after all I've been wishing today I could just run away Out where the west winds call

With someone like you, a pal good and true I'd like to leave it all behind and go and find Some place that's known to God alone Just a spot to call our own We'll Find perfect peace, where joys never cease Out there beneath a kindly sky We'll build a sweet little nest somewhere in the west And let the rest of the world go by

Is the future to hold just struggles for gold While the real world waits outside Away out on the breast of the wonderful west Across the Great Divide

With someone like you, a pal good and true I'd like to leave it all behind and go and find Some place that's known to God alone Just a spot to call our own We'll Find perfect peace, where joys never cease Out there beneath a kindly sky We'll build a sweet little nest somewhere in the west And let the rest of the world go by."

Daar was nog nie eintlik radios in daardie tyd nie en grammefone was ook skaars. Hy het dalk die liedjie tydens sy tyd in die Kollege geleer? Hy moes op ‘n stadium vir die kinders Engels gee. Omdat hy baie anti-Engels was, is die naaste wat hy aan Engelse klasse gekom het om die kinders te vertel van die Engelse oorlog, die konsentrasiekampe en die Rebellie.

Hulle het wit pakke gedra as Skool uniforms. Die skoolhoof was oom Tom de Villiers, maar hulle het hom "Meester" genoem. Op 'n keer het een van die onderwysers 'n effense drankprobleem gehad. Trien onthou dat Buks hom baie probeer help/beskerm het (Maar ek mag nie skryf wie nie, want die persoon se familie leef nog).

Een maal 'n maand of so het die gemeenskap saam 'n bees geslag. Die skoolhoof het die porsies verdeel en die mans het elkeen met materiaal sakke hulle deel vleis kom haal. Dit was anders as die "karmenaaitjie" waar jy 'n lekkerny vleis vir jou vriend of bure gestuur het. Daar was koelkaste op die plase. Dit was gewoonlik 'n houtraamwerk met 'n dubbelwand ogiesdraad waarbinne klippe gesit is. Bo-op was 'n pan met water waarin rye gaaitjies was sodat die water op die klippe gedrup het. Die vleis is dan daarin koel gehou. Elkeen in die sindikaat het dan beurtelings 'n bees verskaf om geslag te word. Die persoon wat die bees gegee het, het die kop, en binnegoed gekry. Daar was 'n rondawel langs die landroskantoor waarvan die vleisdeel bedryf is.

Piet Koos De Villiers (die hoof se seun) het later 'n slaghuis oorkant die polisiestasie opgesit. Hy het toe ook die poskantoor bedryf. Dit was nadat Hein en Trien getroud is (1950s)

Buks het later gaan boer en op vervroegde pensioen gegaan. Hy het weer later afgelos by verskillende skole (Derby, Northham, Matlabas by Cumberland). Toe hy by Derby was, het Emma alleen tuis gebly. Ou Herman was op die plaas wat baie gehelp het. Sy was egter saam Northam toe. Die kinders was toe reeds uit die huis. Dit het haar egter ‘n knou gegee omdat sy senuwee probleme ontwikkel het toe Ems (Kruger) Jooste gebore is. Sy is toe opgeneem in die hospitaal.

Hein Kruger het Buks se bakkie geleen om trein dwarsleêrs te gaan haal iewers in George se wereld. Dit was waarskynlik duursame hout wat waarskynlik gebruik sou word vir voordeure of meubles.

Buks en Emma het Desember 1964 getrek na die plot buite Pretoria Noord (GPS coordinates ?? ). Die regering het die plase in die Pilanesberg uitgekoop om dit oor te gee aan Bobutatswana. President Mangope het in 1977 na onafhanklikheidswording besluit dat dit ‘n wildtuin moes word (sien https://en.wikipedia.org/wiki/Pilanesberg_Game_Reserve). Die mense het skilderye gemaak van die plaas opstalle vir aandenkings. Ds Booyens (dopper van Rustenburg) en Hennie Roetz (dosent by Pote en hy was van Boshoek se mense) het skilderye gemaak. Daar was 4 skilderye van Kafferskraal gemaak. Trien het twee gehad (nog steeds by haar) en Es en Boet het elk een gehad.

Buks het aanvanklik met ‘n jeep geploeg, maar hy het later ‘n vaaljapie trekkertjie gehad. Hy het ook ‘n stoor gehad waarin sy skape toegesluit was in die aande. Wanneer hy geploeg het, was die voorwiele permanent omtrent ‘n voet in die lug. Hy was ‘n haastige man. Gert onthou da hy as jong seuntjie agter sy oupa Buks aangeloop het. Buks het nie stilgestaan om te piepie nie, hy het dit sommer in die loop gedoen. Gert het di t ook probeer maar sy bene heeltemal benat.

Diefstal was maar ‘n probleem en Boet het donderbuise en pooitjiefakkels gestel in die aande. Die pooitjiefakkel gaan eers af en daarna die donderslag van die donderbuis. Mens het nie flentertjies klere in die draad gekry die volgende dag.

Buks was nie veel gepla met reels nie. Hy het sy kleinseun Sarel Kruger op ongeveer 14 jarige leeftyd in Pretroria Noord laat bestuur. Hulle het die plot ongeveer in 1969 verkoop waarna hulle by hulle dogter Es (Bekker) op die plaas Bezuidenhoutskraal, aan die Modderrivier (rivier op van Jacobsdal) gaan bly het.

Sy oupa Hans was 'n grens kommandant. Buks was 'n kommando kommandant en sy seun Boet was Brigadier (later minister van verdediging by Bobutastwana)

This profile is a collaborative work-in-progress. Can you contribute information or sources?

Sources

  1. First-hand information as remembered by Trienie Kruger, Monday, December 29, 2014. Replace this citation if there is another source.

See also:



More Genealogy Tools



Sponsored Search




Is Buks your ancestor? Please don't go away!
 star icon Login to collaborate, or
 star icon ask our community of genealogists a question.
Sponsored Search by Ancestry.com

DNA
No known carriers of Buks's DNA have taken a DNA test.

Have you taken a DNA test? If so, login to add it. If not, see our friends at Ancestry DNA.

Buks is 31 degrees from Lizzie Griffiths, 30 degrees from Fred Rogers and 21 degrees from Henry VIII of England on our single family tree. Login to find your connection.

R  >  Riekert  >  Philippus Johannes Riekert