Johannes Winter
Privacy Level: Open (White)

Johannes August Winter (1847 - 1921)

Johannes August Winter
Born in Pniel, Orange Free State, South Africamap
Ancestors ancestors
Husband of — married 11 Feb 1876 in Botshabelo, Middelburg, Transvaal, South Africamap
Descendants descendants
Died at age 73 in Mecklenburg, Lydenburg, Transvaal, South Africamap
Problems/Questions Profile manager: Theo Winter private message [send private message]
Profile last modified | Created 25 Mar 2016
This page has been accessed 691 times.


Biography

Na voltooiing van sy skoolloopbaan in Duitsland, is Johannes op aanbeveling van Eduard Kratzenstein in 1868 tot die seminarie van die Berlynse Sendinggenootskap in Berlyn toegelaat. Dit het spoedig geblyk dat hy 'n buitengewone skrander student was en op aanbeveling van dr. J.A. Dorner, dekaan van die fakulteit teologie aan die Universiteit van Berlyn, is besluit dat Johannes gratis opleiding as teoloog sou ontvang.

Toe Johannes sy sendingloopbaan in 1873 op Botshabelo, dist. Middelburg begin, was hy op daardie tydstip die enigste opgeleide teoloog van die Berlynse Sendinggenootskap in die ZAR. Om hierdie rede is hy in 1878 as hoof van die pasgestigte seminarie vir Swart evangeliste aldaar aangestel.

Begin 1880 kry Johannes die opdrag om 'n sendingstasie by Thaba Mossegu, die hoofstad van die verslane Pedi-opperhoof Sekhukhune, te begin. Dit het gou geblyk dat Johannes sy eie idees omtrent sendingwerk gehad het. Hy het sy medesendelinge daarvan beskuldig dat hulle nie bereid was om die Swartes onvoorwaardelik as "gelyke broeders in Christus" te aanvaar nie. Hyself het daarna gestreef om in alle opsigte vir die "Basotho 'n Mosotho" te word. Gevolglik het hy dit as onbelangrik beskou dat sy kinders Duits sou leer praat en toe sy skoonvader, dr. H.T. Wangemann, direkteur van die Berlynse Sendinggenootskap, Thaba Mossegu in 1885 besoek, moes hy tot sy groot ontsteltenis vasstel dat sy kleinkinders nie Duits kon praat of verstaan nie.

In 1890 het die evangelis Martinus Sewushane en 'n klomp volgelinge besluit om van die Genootskap af te skei en 'n onafhanklike kerkgenootskap te stig, nl. die Bapedi-Lutherse Kerk. Omdat hulle die kerk nie heeltemal sonder Blanke toesig wou behartig nie, vra hulle Johannes om die geestelike leier van die nuwe kerk te word. Johannes het ingewillig en namens die Swartes die Naturellekommissaris, Abel Erasmus, en die superintendent van Naturellesake van die ZAR, P. J. Joubert, versoek om die Bapedi-Lutherse Kerk van staatswee te erken. In Oktober 1891 het die regering van die ZAR die nuwe kerk amptelik erken. Die Berlynse Sendinggenootskap het die erkenning heftig teengestaan, maar moes die verlies van 500 Swart lidmate, twee sendingstasies en die dienste van Johannes, wat ontslaan is, aanvaar.

Nadat Johannes die geestelike leier van die Bapedi-Lutherse Kerk geword het, het hy in toenemende mate in die politieke aangeleenthede van die Pedi betrokke geraak. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het Kyolokwe se opvolger, Sekhukhune II, die Britte versoek om Johannes uit die gebied te verwyder, aangesien hy horn te veel met Pedistamtwiste bemoei het. Na die afloop van die oorlog het Johannes egter na die Bapedi teruggekeer en hom op die plaas Onverwacht naby Schoonoord (Khalatlolu) gevestig. In 1904 het hy 'n Sotho-preekbundel opgestel en op eie koste laat publiseer. 'n Jaar later het hy 'n klein seminarie vir die Bapedi-Lutherse Kerk opgerig, maar dit het weens geldelike nood spoedig doodgeloop.

Sy laaste jare het Johannes aan huis van sy oudste seun, Christian, op die plaas Mecklenburg, deurgebring. Sy seun het op hierdie plaas 'n kerkgebou opgerig en Johannes het tot kort voor sy dood gereeld die dienste waargeneem. Sy vrou, Elisabeth, was volgens oorlewering 'n baie fynopgevoede dame wat verskeie van die klassieke tale geken het. Sy is tragies oorlede toe haar klere by 'n oop vuur aan die brand geraak het. (Inligting uit 'n ongepubliseerde artikel oor Johannes August Winter deur dr. D.W. van der Merwe.)


Sources





Is Johannes your ancestor? Please don't go away!
 star icon Login to collaborate or comment, or
 star icon contact private message the profile manager, or
 star icon ask our community of genealogists a question.
Sponsored Search by Ancestry.com

DNA
No known carriers of Johannes's DNA have taken a DNA test.

Have you taken a DNA test? If so, login to add it. If not, see our friends at Ancestry DNA.



Comments

Leave a message for others who see this profile.
There are no comments yet.
Login to post a comment.

W  >  Winter  >  Johannes August Winter

Categories: Missionaries in Africa