Goeiedag Philip
Helena Geyser (ook genoem Geijser) was die dogter van die stamvader Heinrich Geyser by Angenita van die Kaap (vermoedelik 'n vrygestelde slavin). Helena word op 21 Maart 1756 in Kaapstad gedoop en trou op 30 Augustus 1772 aldaar met Heinrich (aka Hendrik) Ziberg. Ek het ook die doop van die Ziberg egpaar se seun Hendrik Johannes op 23 September 1781 in Kaapstad op die Family Search webwerf opgespoor.
Hoe dit ookal sy, Helena was beslis nie 'n suster van die stamvader nie, maar wel 'n "voordogter" voordat hy op 5 Augustus 1759 in Kaapstad met Judith de Wit trou. Heinrich en Judith se teenwoordigheid as getuies was in hoedanigheid as oupa en stiefouma van die dopeling
Leon Endemann