G2G: Comments on Heinrich Geijser's place of birth

+1 vote
183 views

On 11 Aug 2025 Leon Endemann wrote on Geijser-1:

Onderussen het ek kontak gemaak met die Gemeinde Büro van die Evangeliese Kerk van die stad Emmerich am Rhein (op Nederlands Emmerik genoem) ten einde die doop van die stamvader Heinrich Geyser/Geijser aldaar op te spoor. Emmerich am Rhein (oftewel Emmerik) as geboortestad van die stamvader is wat my betref die mees aanvaarbare in hierdie stadium, aangesien: 
(1) Dit teenaan die noordoewer van die bevaarbare Rynrivier geleê is en indertyd (d.i. die 17de en 18de eeue) bekend was vir sy wolwewery bedryf wat ondermeer ook vir die maak van seile gebruik was. 
(2) Emmerich is vyf kilometer ten suide van die huidige Nederlandse grens en Provinsie Gelderland in die hudige Duitse Bundesland Nordrhein-Westfalen geleê.
 (3) Die Hansa-stad Emmerich was militèr strategies uiters gunstig en het daarom gedurende die 17de en begin 18de eeue dikwels van eienaar verwissel tussen die Protestantse noordelike Nederlande en die oorlogsugtige Koning Louis XIV van Frankryk. 
(4) Na die vrede van Utrecht in 1716 word die stad Emmerich tesame met sy bure die Hertogdomme Kleve, Jülich en Berg finaal aan die Koninkryk Pruise toegedeel.
(5) Daarna het Emmerich ten koste van ander meer florerende sentra sy belangrikheid ingeboet en het sy welvaart gaandeweg verminder. 
Volgens die voorlopige antwoord op my navraag aan die Gemeinde Büro van die Evangeliese Kerk in Emmerich, blyk dit dat kerkregisters vir etlike jare vernietig is a.g.v. die verwoesting van 90% van die stad deur Britse bomwerpers op 7 Oktober 1944 gedurende WWII. Ek wag nog op 'n volledige uiteensetting van watter registers vir welke periodes verlore gegaan het. 
Leon Endemann

WikiTree profile: Hendrik Geijser
in Genealogy Help by G2G-10 (13.7k points)
edited by Leon Endemann

Sopas het ek die onderstaande antwoord van die Gemeindebüro in Emmerich ontvang:

Subject: AW: Die Taufe des Vorfahren Heinrich Geijser/Geyser (geb. Emmerik ca. Mitte 1730, gest. Kap der Guten Hoffnung 26. August 1809)

Guten Tag Herr Endemann,

 die Lücke besteht zwischen 1726 und 1747. Wir wünschen Ihnen trotzdem viel Erfolg bei Ihrer Recherche.

 Mit freundlichem Gruß

Nina Tersluisen

Ev. Kirchengemeinde Emmerich am Rhein; Dederichstr. 2446446 Emmerich am Rhein;Tel.: 02822-52098

Mo, Do, Fr 10-12 Uhr Di, Do 14-16 Uhr


Bykomend tot die korrespondensie met die kerkkantoor in Emmerich asook met die Evangeliese Kerkargief in Düsseldorf waar ek oënskynlik 'n doodloopstraat bereik het, word tans die volgende alternatiewe probeer:

(a) Kontak met die Evangeliese gemeente van Lengerich, in die Kreis (distrik) Steinfurth, wat my daarna na die Evangeliese Argief van Wesfale in Bielefeld (deelstaat Nordrhein-Westfalen) verwys het.

(b) Kontak met die Reformierte gemeente van Lengerich, in die Kreis (distrik) Emsland van die deelstaat Niedersachsen. Daar bestaan inderdaad meer as een plek in Duitsland met die naam Lengerich.

Leon Endemann


Lengerich (German pronunciation: [ˈlɛŋəʁɪç] ) is a municipality in the Emsland district, in Lower SaxonyGermany. It is situated approximately 15 km east of Lingen.

Lengerich is the seat of the Samtgemeinde ("collective municipality") Lengerich.


Lengerich (Westfalen) in die Kreis (distrik) Steinfurth van die deelstaat Nordrhein-Westfalen is beslis nie die geboorteplek van die stamvader Heinrich Geijser/Geyser nie. Danksy die hulp van mede Wikitree-lid Nico Meier wat oor toegang tot die Duitse webwerf ARCHION beskik kan nou bo alle twyfel bevestig word dat die alfabetiese doopregisters vir Lengerich vir die periodes 1700-1717 en 1718-1745 geen Heinrich Geijser/Geiser/Geyser opgelewer het nie. Die laaste toevlug is nou die Reformierte (Gereformeerde) gemeente van Lengerich in die Kreis  (distrik) Emsland van die deelstaat Niedersachsen,wat tot dusver nog nie reageer het nie.

Leon Endemann

1 Answer

+3 votes

I don't speak Dutch, but this may help: https://archiv.ekir.de/inhalt/4kg-014-emmerich/

While youre right that the records where almost all destroyed in 1944, it seems like they had copies beforehand - from the PDF:

When and how the archival materials listed here came to be in the State Church Archive can no longer be determined; it is possible that they arrived here with the collection of Pastor Müller-Diersfordt, with whom they survived the war. 

When Heiner Faulenbach was commissioned by the church congregation When Heiner Faulenbach was commissioned by the parish to present the history of the parish on the occasion of its 400th anniversary, he used the archival materials stored in Düsseldorf.

by G2G-5 (5.9k points)


Vielen Dank, Nico Meier, für deine Antwort auf meinen Kommentar zu den evangelischen Kirchenbüchern der Stadt Emmerich. Mir war die Existenz einer Reformierten Kirche in Emmerich seit 1574 nicht bekannt. Der südafrikanische Vorfahr Heinrich Geyser/Geijser wäre definitiv entweder reformiert oder evangelisch-lutherisch gewesen.

 Übrigens habe ich in meiner Muttersprache Afrikaans kommentiert, die mit Plattdeutsch und Niederländisch verwandt ist, aber über eine eigene Literatur und ein eigenes kulturelles Erbe verfügt. Es ist die jüngste germanische Sprache der Welt und entstand genau hier an der Südspitze Afrikas!

 Leon Endemann


Aah, man lernt immer was Neues dazu! :) 

Die E-Mail der evg.-luth. Gemeinde ist interessant, in den Verzeichnissen sieht es nach einer Lücke zwischen 1727 und 1729 aus:

Kirchenbuch der lutherischen Gemeinde zu Emmerich (Kopie) Enthält: Taufen (Lücke 1727-1729), Trauungen, Kommunikanten, Bestattungen (Lücke 1726-1734 und 1737-1747) Aktenzeichen: K 1 1689-1807 

Bei der reformierten Gemeinde scheint keine Lücke zu existieren:

Kirchenbuch der reformierten Gemeinde zu Emmerich (Kopie) Enthält: Taufen Aktenzeichen: K 2 1651-1766

Ich wünsche dir viel Erfolg beim Forschen!


Hallo Nico

Vielen Dank für die aufschlussreichen Informationen zu den Kirchenbüchern und insbesondere zu den Taufbüchern der Evangelisch-Lutherischen und Reformierten Kirchen  in Emmerich.

Dank Ihrer Unterstützung habe ich bereits Kontakt zum Evangelischen Kirchenarchiv in Düsseldorf aufgenommen und warte auf deren Antwort.

Ich vermute, dass Heinrich Geyser Mitglied der Reformierten Kirche in Emmerich war, da er sich nach seiner Ankunft am Kap der Guten Hoffnung bald der dortigen reformierten Gemeinde anschloss.

 

Leon Endemann


Comment no longer applicable and was deleted

Nadat ek van bakboord na stuurboord gestuur was, het ek by name van Frau Bärbel Alles van die Reformierte Kerkargief van die stad Leer in die distrik Emsland (deelstaat Niedersachsen) kon vasstel dat die oorspronklike kerkregisters van die Reformierte (Gereformeerde) gemeente in Lengerich/Emsland by die argiewe van die Rooms-Katolieke bisdom in Osnabrück te lande gekom het, waar dit tans deel vorm van die Sankt Benedikt Rooms-Katolieke Kerk op Lengerich/Emsland se versameling kerkregisters, daarna verfilm is, duidelik omskryf en op internet besigtig kan word.(https://data.matricula-online.eu/de/deutschland/osnabrueck/lengerich-st-benedikt/). My soektog na die stamvader Heinrich Geijser/Geyser se doopinskrywing vir die jare 1719 tot 1732 was egter vrugteloos (sic.)

Leon Endemann


Die Duitse oorsprong van die familienaam Geiser oftewel Geyser dui op die snw "Geis" ("Mittelhochdeutsch") wat as bokooi (in Nederlands "geit") of gans in Afikaans vertaal kan word. M.a.w. 'n "Geiser" is dan iemand wat bokooie of ganse besit en versorg of daarmee boer.

Die algehele onvermoê om 'n doopdatum vir die SA stamvader in die aangeduide bovermelde oorde, binne bestek van die mees-waarskynlike periode, in die Heilge Romeinse Ryk (Duitsland) op te spoor, het die vermoede laat ontstaan dat Heinrich Geiser dalk oorspronklik Doopsgesind ("Taufer") kon wees, voordat hy as matroos na die Kaap die Goeie Hoop verhuis het. Die Rynland, Oos-Friesland en Wesfale streke van die Heilige Romeinse Ryk was sedert die Kerkhervorming van die sestiende eeu 'n toevlug vir Doopsgesindes uit Nederland (Mennoniete) en het die oortuiging van 'n "Christelike (volwasse) doop" teenoor die kinderdoop, ook aansienlike veld gewen in daardie streke onder die plaaslike Duitssprekende bevolking. Desnieteenstaande het Doopsgesindes later van tyd ook geweldige teenkanting en vervolging van hulle Duitse vorste ondervind wat tot grootskaalse verhuising na die Nuwe Wêreld (bv die Amish van Pennsylvania in die VSA) en verstrooiȉng elders in Pole en die Russiese Ryk gelei het..

Aangesien slegs lidmate van die Nederduits Gereformeerde/Hervormde Kerk deur die VOC aan die Kaap toegelaat was (tot en met die stigting in 1779 van die Evangelies Lutherse Kerk in Strandstraat, Kaapstad), sou Heinrich geen ander keuse gehad het as om sy geloofsoortuiging te verander. Hy is dan ook later met Judith de Wit in die NG Kerk in Kaapstad in die eg verbind en doop sy kinders aldaar. Daar is talle soortgelyke gevalle onder ons SA stamvaders bv Ignacio Ferreira die Rooms-Katolieke Portugese strandeling ensomeer.

Leon Endemann

Related questions

+3 votes
1 answer
+2 votes
0 answers
+2 votes
2 answers
+4 votes
1 answer
0 votes
1 answer
...