As dit die eerste naam is, spel ek dit met 'n hoofletter, andersins soos wat dit as 'n van gespel sou word. Bekende Suid-Afrikaners: De Wet Ras, Sir David de Villiers Graaff.
Sterfkennisse is 'n primêre bron vir die datum en plek van afsterwe, vir die aantal kinders, elkeen se geslag en jarigheid. Vir alle ander dinge kan jy ongeveer enige ander bron bo hulle verkies, veral as 'n skoonseun dit ingevul het.
Ek het net gister 'n SK opgesit vir my oupa se neef se vrou Winnie se pa. Haar swaertjie het haar naam aangegee as Winifred. Slim raai, maar haar naam is Alwina.