G2G: Wanneer 'n van (LNAB) as n naam gebruik word. Wat is die korrekte spelling?

+3 votes
376 views
Wanneer 'n "van" as 'n naam gebruik word - wat sal die korrekte spelling wees. Hier is van die name wat ek al teegekom het:

de Bruyn

deBruin

le Roux

de Wet

Sal graag 'n vaste reel wil vorm vir dit .

Ek het al talle sterfte kenisse gekry waar dit aanmekaar geskryf word " deBruyn" en ander is weer met 'n voorvoegsel "de Bruyn"

Sien uit om julle opinie rondom dit te hoor :)
WikiTree profile: Jan de Bruin Nortje
in The Tree House by Owl (74.2k points)
edited by Susanna Hendrina Elisa de Bruyn

Die huidige spellings wat ek al teegekom het word met 'n hoof letter gespel bv:

De Wet

Durand

1 Answer

+5 votes

As dit die eerste naam is, spel ek dit met 'n hoofletter, andersins soos wat dit as 'n van gespel sou word. Bekende Suid-Afrikaners: De Wet Ras, Sir David de Villiers Graaff.

Sterfkennisse is 'n primêre bron vir die datum en plek van afsterwe, vir die aantal kinders, elkeen se geslag en jarigheid. Vir alle ander dinge kan jy ongeveer enige ander bron bo hulle verkies, veral as 'n skoonseun dit ingevul het.

Ek het net gister 'n SK opgesit vir my oupa se neef se vrou Winnie se pa. Haar swaertjie het haar naam aangegee as Winifred. Slim raai, maar haar naam is Alwina.

by Owl (42.8k points)

Baie dankie Dirk. Ek dink hier dink ons dieselfde. Wou net graag hoor wat julle opinie daaroor is.

Ja SK's kan nogals soms met snaakse name vorendag kom. Soms gee dit my 'n goeie lag vir die dag :0

Related questions

+5 votes
1 answer
...