1) Wie was vir verantwoordelik vir die plasing van die betrokke stamvader se profiel op Wikitree?
Ek sou graag met hom of haar in gesprek wou tree en sy/haar motivering wil aanhoor.
(2) Hoe verklaar jy die feit dat die Cape of Good Hope Groep wat so gesteld is op dokumentere bewyse, bereid was om hierdie profiel sondermeer te aanvaar sonder enige oorspronklike dokumente?
Soos die profiel nou daar vir een-en-almal aangebied word as die waarheid is dit wat my betref onaanvaarbaar en sal aangepas moet word.
Leon Endemann
Hi Leon, alles wat jy sê is geregverdig. Jy moes my stamvader gesien het en dit het jare gevat om die bronne te kry en te bewys SAG se weergawe was nie juis nie. Jy kan elke WikiTree profiel wysiging en deur wie dit gedoen was sien op die profiel se geskiedenis, maar as die enigste bronne wat op die profiel gemeld word sekondêre bronne is, volg jy net 'n doodloopspoor en mors jou tyd. Daardie profiel is geskep in 'n tyd toe elkeen sy Gedkom opgelaai het en is die produk van 'n hele paar profiele wat saamgevoeg was. Die enigste is om maar self die oorspronklike bronne na te gaan, op te laai en die transkripsies te doen om jou saak te bewys. Daar is nie 'n kortpad nie.