G2G: Comments on Heinrich Geijser

+2 votes
214 views

On 1 Aug 2025 Leon Endemann wrote on Geijser-1:

Ek wonder maar net waar kom die stamvader Geyser se skielike Nederlandse oorsprong vandaan? Sou dit bloot gegrond wees op die veronderstelling (a) dat Lemmer indertyd digby die Zuider Zee geleë was (b) en/of die vernederlandse spelwyse van Geyser as Geijser? Sou die stamvader se doopinskrywing dalk in Lemmer opgespoor wees? Tot heel onlangs was die stamvader se algemeen aanvaarde plek van oorsprong, volgens dr Hoge en dr. Cor Pama, die dorp Lengerich êrens in Duitsland. Dr J. A. Heese en dr R.T.J. Lombard se SAG band 2 van die destydse RGN meld selfs die moontlikheid van Limerick in Ierland! Ek sou bitter graag gedokumenteerde uitsluitsel oor hierdie saak wou ontvang asseblief. Byvoorbaat dankie Leon Endemann

WikiTree profile: Hendrik Geijser
in Genealogy Help by G2G-10 (13.7k points)

2 Answers

+3 votes
Hi Leon, in die algemeen was de Villiers se werk meer betroubaar (my opinie) as Heese en Lombaard. Ons het destyds 'n bespreking daaroor gehad. Die beste raad wat ek het is om die oorspronklike bronne self na te gaan.
by Owl (112k points)

1) Wie was vir verantwoordelik vir die plasing van die betrokke stamvader se profiel op Wikitree?
Ek sou graag met hom of haar in gesprek wou tree en sy/haar motivering wil aanhoor.

(2) Hoe verklaar jy die feit dat die Cape of Good Hope Groep wat so gesteld is op dokumentere bewyse, bereid was om hierdie profiel sondermeer te aanvaar sonder enige oorspronklike dokumente?

Soos die profiel nou daar vir een-en-almal aangebied word as die waarheid is dit wat my betref onaanvaarbaar en sal aangepas moet word.

Leon Endemann

Hi Leon, alles wat jy sê is geregverdig. Jy moes my stamvader gesien het en dit het jare gevat om die bronne te kry en te bewys SAG se weergawe was nie juis nie. Jy kan elke WikiTree profiel wysiging en deur wie dit gedoen was sien op die profiel se geskiedenis, maar as die enigste bronne wat op die profiel gemeld word sekondêre bronne is, volg jy net 'n doodloopspoor en mors jou tyd. Daardie profiel is geskep in 'n tyd toe elkeen sy Gedkom opgelaai het en is die produk van 'n hele paar profiele wat saamgevoeg was. Die enigste is om maar self die oorspronklike bronne na te gaan, op te laai en die transkripsies te doen om jou saak te bewys. Daar is nie 'n kortpad nie.


Louis ek neem kennis van wat jy noem, maar.die verfilmde kerkregisters was destyds ook nie duidelik genoeg daaroor om te bepaal waar my vrou se stamvader Heinrich Geyser eintlik vandaan kom nie.

Die Kaapse rekords het meerendeel slegs melding gemaak van die plek waar die persoon oppad na Cabo de Goede Hoop, aanboord gegaan het, of waarvandaan vertrek was en nie noodwendig die geboorteplek nie..

My vermoede is dat die VOC rekords in Nederland die oplossing sou wees. Daar is rekord gehou van elke soldaat, matroos of amptenaar wat gewerf of in diens geneem was. Ongelukkig is dit logisties (en finansieel) buite my bereik.

Leon Endemann

Alta (Bekker) Bannink wat op die Geyser stamvader as profiel bestuurder aangedui word, het sopas bevestig dat sy geensins aan navorsing oor die Geyser familie meedoen nie en dat sy destyds 'n klompie wees-profiele "aangeneem" het, waarvan geijser-1 dalk een kon wees. Derhalwe was ek reg in my aanname dat sy nie verantwoordelik was vir die foutiewe inligting op die stamvader se profiel nie - dit is deur iemand anders gepleeg.

Leon Endemann

Hierdie betrokke aangeleentheid is uitgeklaar

+2 votes

I restored the bio after it had been somehow compromised and changed to reflect a female person, not the progenitor Heinrich Geijser.

by Owl (186k points)

Baie dankie Philip! Jy is 'n doring.

Leon Endemann

Related questions

+3 votes
1 answer
+2 votes
0 answers
+4 votes
2 answers
asked Apr 23, 2024 in WikiTree Help by G2G-10 (13.7k points)
...